Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Jo Black bereik goue status in ses weke
Nuus

Jo Black bereik goue status in ses weke

Redaksiespan14 Junie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Na maande se wag, het Jo Black sy debuutalbum, Skepe, vroeg in April uitgereik. Maar hy hoef nie maande gewag het om die goeie nuus te ontvang dat verkope die 15 000-kerf verbygesteek het nie. Om die waarheid te sê, ses weke was al wat nodig was.

Vra maar enigiemand in die musiekbedryf – dis amper ongehoord vir ’n nuwe kunstenaar om daardie hoogtepunt so gou te bereik. Wel, nuwe kunstenaar in die sin dat dit sy eerste album is. Maar eintlik sing Jo al vir 16 jaar. Eers in kuierplekke en toe in kerke. En dis waar jy hom dalk vandag nog sou raakloop so tussen deur al sy Be that Guy motiveringspraatjies wat hy by skole hou om vir jongmense te sê: “Wees goed vir jouself en vir ander.” Maar toe nader musiekvervaardiger en liedjieskrywer Johan Vorster hom en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Die video van die titelsnit, Skepe, is in Desember 2016 bekendgestel, en 5 maande later staan dit reeds op meer as 1 022 000 YouTube trefslae. Dit was al klaar ’n aanduiding dat die debuutalbum ’n sukses sal wees, maar presies hoe groot en hoe vinnig, het Jo heel onkant gevang. Op ’n goeie manier natuurlik. Nie dat die skielike roem na sy kop toe sal gaan nie – daarvoor hou sy vrou, Debbie, en sy twee dogters, Dinieke (7) en Miané (4), sy voete vir hom plat op die aarde.

“Jo is die tipe kunstenaar wat een keer elke 10 jaar verby kom, soos ’n Bok van Blerk of ’n Theuns Jordaan. Ek glo Jo se naam sal eendag tussen die grotes van Afrikaanse musiek genoem kan word,” sê Johan Vorster.

Intussen klim die fisiese en digitale-aankope van die album met sy 13 oorspronklike liedjies dag na dag. Jo het ook reeds die tweede treffer vanaf die CD bekend gestel. Met die titel Bring Die Hoop Weer Terug, is dit geen verrassing dat dit ’n inspirerende liedjie is nie en dit word reeds landwyd deur radiostasies gespeel. Boonop word die musiekvideo van die nuwe treffer binnekort vrygestel. Dit sal natuurlik verder bydra tot verkope van die album in CD winkels asook op Apple Music en iTunes. Voeg daarby al die beplande optredes vir die res van die jaar, en dit word gou duidelik dat ons nog baie van die man met die baard gaan sien en hoor.

Luister na die album op Liedjie:

Vir meer inligting oor wat 2017 alles vir Jo Black inhou, volg hom gerus op Instagram by joblack8.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.