Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Lance James vier sestig goue jare
Nuus

Lance James vier sestig goue jare

Redaksiespan14 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die veteraan kunstenaar, Lance “Big Daddy” James vier sestig goue jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf met nóg ’n roerende tweetalige country-album.

Lance James het bekendheid verwerf vir onder meer die treffers Dankie, Vicki, Bloedrooi Die R ose, Bymekaar in duet saam met Min Shaw,  After The Fire Is Gone en Somewhere Between saam met Barbara Ray.

Lance is een van die min lewende legendes wat nog gewildheid behou, in aanvraag is en onverpoosd treffers oplewer en toekennings inpalm!

Hy was in die 70’s en 80’s ook ’n aanbieder op Springbokradio van verskillende radioprogramme, onder meer Munt uit Musiek en Keep it Country.  Dié program word ná 50 jaar steeds op 22 radio- en internetstasies uitgesaai  – steeds deur Lance opgestel en aangebied.

Sy indrukwekkende diskografie sluit 106 albums en CD’s in. Sy professionele aanslag is deur die jare met 55 musiektoekennings bekroon, waarvan nege vir sy lewenslange bydrae is. Die ATKV het dié ikoon in 2006 ook met en ’n prestige-penning vereer. Tussen sy ander toekennings is SAMA-, Huisgenoot Skouspel en Ghoema-pryse. In 2015 is hy in die MTN se Radio Music Hall of Fame opgeneem vir sy baanbrekerswerk in die radiobedryf.

Dié omgeemens se lewensverhaal  is in twee werke –  in 2014 as Keep It Country – The Life & Times of Country Legend Lance James en in 2016 as Dankie – gepubliseer.

Sy nuwe album  is gevul met countrymusiek wat die luisteraar met uiteenlopende emosies bekoor en meevoer.  Daar is liedjies wat uitbundig opbeur; liedjies wat troos, wat emosie tap, wat ʼn traan laat opwel – én liedjies wat boei, soos, veral One Pair Of Hands en die innige gospelvertolking, Elke Mens. Heelparty van die liedjies hierop is met geestelike waardes gestempel.

Lance vertolk steeds suiwer en nootvas, met volkome stembeheer, vokale diepte en warm intonasie. Die album  – met treffende verwerkings, puik orkestrasie en komplementerende harmoniesang  – is in deur Tertius Human van VPH Studios vervaardig.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.