Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Karlien van Jaarsveld sing vir liefde én goue status
Nuus

Karlien van Jaarsveld sing vir liefde én goue status

Redaksiespan11 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Karlien van Jaarsveld se nuwe album, Sing Vir Liefde,  is skaars ’n maand terug uitgereik, en dit het reeds 15 000 verkope verbygesteek om as goud geklassifiseer te word. Wat die prestasie nóg meer merkwaardig maak, is dat dit bereik is voor die tweede enkelsnit vanaf die album nog aan radiostasies gestuur is.

Maar dis nie net die bewonderaars wat Karlien hoog aanskryf nie. Apple Music het besluit om hulle gewig agter die titelsnit se musiekvideo te sit en dit was vir agt weke eksklusief beskikbaar op Apple Music, en iTunes. Boonop was die stuur van die enkelsnit met die naam Sing Vir Liefde aan radiostasies op Valentynsdag, ’n besluit wat mense laat regop sit en notisie neem het. Terwyl Karlien nog wik en weeg wat die tweede treffer vanaf die album sal wees, is gesprekke reeds aan die gang oor die skiet van ’n volgende musiekvideo en ’n televisieveldtog wat die blootstelling van haar nuutste CD nog verder sal laat uitkring.

Ten spyte van die feit dat die ekonomie mense hul sente twee keer laat omdraai, bewys die goue status net weer dat hul ook honger is vir ’n goeie Afrikaanse album, een wat propvol lekker-luister popklanke is en waarvan die musiek ’n positiewe boodskap uitdra wat die luisteraar sal laat goed voel. Saam met Karlien, het Johan Vorster en Appel ook bygedra as skrywers.

In Karlien se eie woorde: “Hierdie album laat my vry en lig voel en of alles net oor begin! Ek is mal oor die nuwe album en hoop dat dit dieselfde vir die mense wat dit luister sal bring, lig en ook vrede, en ’n glimlag.”

Luister na die album op Liedjie:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.