Joe Foster is nie ’n “ridder” op ’n wit perd nie

In samewerking met GrootTunes

Joe Foster het onlangs sy nuwe enkelsnit Ridder, vrygestel en ons het gaan aanklop om uit te vind waaroor dié snit gaan.

Jou CD Hartklank is op GrootTunes beskikbaar, vertel ons wat mense van die album kan verwag?

Hartklank is ’n album wat ek self geskryf het, met liedjies uit my hart. Ek sing oor die taal van liefde en dit is mooi vervat in die nuutskepping Hartklank. Daar is ook ’n lied op die album met die titel Hartklank, wat vertel dat jy jou hart moet volg as jy raadop in die lewe raak. Die album is uit die aard van die Ghoema popalbum toekenning, ’n pop album, maar ek is ’n pianis wat daarvan hou om romanties te wees, so die album is baie lekker luisterbaar en jy gaan nie op al die liedjies wil dans nie. Met van die liedjies soos MonaLisa en In Die Reën Vir Jou mag jy dalk eerder voor ’n kaggelvuur met jou geliefde wil sit. Ek het baie van die album geskryf toe ek nog in Knysna gewoon het en die natuur en die oseaan het baie daarvan geïnspireer. Liedjies soos Vir My Gemaak gaan juis oor die see, wat my laat dink aan daardie spesiale mens. My musiekvideo vir MonaLisa is ook langs die see geskiet.

Wat is die nuwe enkelsnit wat jy tans vrystel?

Ridder, dit is liedjie wat ek self geskryf het.

Hoekom het jy Ridder gekies?

Ridder word ongelooflik baie by my vertonings geniet. Ek sou nooit dink dat Ridder ’n enkelsnit sou wees nie, maar regdeur – van die platemaatskappy tot my agente het saam met aanhangers gestem dat dít my volgende radiosnit moet wees. Dit was sommer ’n speelse liedjie met bietjie waarheid.

Het jy vroeër gedink jy is sal ’n Ridder op ’n wit perd moet wees om liefde te vind?

Ek het nogal so gedink, maar later in my lewe het ek geleer dat ek nie ’n ridder op ’n wit perd is nie, ek is maar net ’n man en die belangrikste is dat ek “jou” man is. Ons as mense probeer om “super humans” te wees, maar uiteindelik is ons maar net mense met foute.

Dink jy dat mans oor die algemeen druk ervaar om “ridders” te wees?

Ek dink so. Daar is deesdae soveel liedjies wat handel oor meisies wat “ridders” soek, of liedjies van mans wat “heros” of ridders wil wees. Dit plaas druk op enige mens, want niemand is perfek nie. Ons almal maak foute en ons almal maak foute in verhoudings. Ek dink dit is goed om te onthou dat ons almal ons bes probeer om iemand so spesiaal moontlik te laat voel en te beskerm, jy hoef nie ‘n ridder of ’n “hero” te wees om dit te doen nie.

Ons hoor jy het met die fotosessie van ’n perd afgeval – hoe het dit gebeur?

Ek het die hoogte van die perd misgis en skeef opgeklim. Die perd het ongemaklik geword, begin skop, spring en mal raak – dis toe ek besluit het om te duck and dive van die perd af, op my bors. Ek het my asem uitgeval, maar niks ernstig nie. Dit het wel die volgende dag gevoel of ek ses ure gegym het.

Het jy perdgery as jong seun?

Ek het perd gery of lesse geneem vroeg in my twintigs as ’n hobby en dit was regtig een van die lekkerste sporte wat ek nog gedoen het.

Speel Ridder reeds op die radio?

Ja, hy sal beslis op Jacaranda FM gehoor kan word en behoort binnekort op alle radiostasies landwyd te begin speel. Mense kan vir die lied op die JacaSATop20 stem deur Ridder na 37942 te SMS.


Jy is terug in Pretoria. Is dit vir jou lekker om terug in die “hoofstad” van Afrikaanse musiek te wees?

Ek was baie gelukkig in Knysna en het myself daar herontdek. Maar ek het ook ontdek dat ek die grootste liefde vir musiek het en dis op dié stadium in Pretoria waar dinge gebeur. So, behalwe die ongelooflike mense wat hier bly, is Pretoria waar ek my grootste passie kan uitleef en saam met musikante en skrywers wat ek graag mee wil werk, skryf en opneem.

Klik hier en kry Joe Foster se album Hartklank, wat dié snit bevat digitaal op GrootTunes.