Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Steek die vure aan saam met Bobby en vriende

Twee aande, twee skole, vure wat brand en Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld en Gavin Edwards. Klink dit vir jou na die perfekte kuier? Dan word jy amptelik genooi.

6 Mei word die vure aangesteek by Hoërskool Overkruin met Bobby van Jaarsveld en sy The Voice SA-spanlid, Gavin Edwards. Kaartjies is R80 en sluit ’n wye verskeidenheid van kosstalletjies, vlooimarkstalletjies en speletjies is. Veilige parkering is beskikbaar teen R25 per motor. Hekke sal 15:00 open.

Op 13 Mei word die die braaifees verder gevat en sluit sus Karlien van Jaarsveld by Bobby van Jaarsveld aan by Laerskool Wierdapark. Kaartjies is ook R80 en sluit verskeie stalletjies en speletjie in. Die hekke open om 14:00.