Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Bouwer Bosch: Pleidooi
Nuus

Bouwer Bosch: Pleidooi

Redaksiespan2 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die musiekvideo van Bouwer Bosch se gewilde enkelsnit, Pleidooi, is op 28 April 2017 uitgereik. Net soos dié unieke kunstenaar, beloof die video – met sy kortfilmaanslag – om enig in sy soort te wees en die kyker se hart net soveel te raak soos die lirieke van hierdie sielvolle treffer.

Pleidooi is die tweede enkelsnit vanaf sy splinternuwe solo-album, Hopelik. Hierdie alternatiewe popliedjie – ’n gesamentlike poging deur Bouwer, Almero Welgemoed, William Loots, Matthieu Auriacombe en Peach van Pletzen – is ’n mengsel van rou hartslirieke en interessante elektroniese elemente, wat die luisteraar onmiddellik boei. “Die liedjie gaan oor daardie een persoon wie se liefde jy nie verdien nie. Liefde is kompleks, maar is iets wat almal kan gee en ervaar. Die koorgedeelte het nie lirieke nie, wat dalk vir almal vreemd mag wees aan die begin, maar ek wou graag iets nuut probeer. Die genre, wat ek oor die algemeen aanpak, is maar iets wat ek soms voel is nog nie gedoen nie”, sê Bouwer.

Kyk die video hier:

 
Hopelik, ’n viering van ’n suksesvolle dekade in die musiekbedryf, spog met ’n nuwe klank en ’n meer elektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie. Hy beskryf dit as weerloos en hoopvol. “Die album gaan oor hoe jy soms jou drome en idees in ander faktore, buiten jouself, se hande sit. Ons sal ‘hopelik’ by ons drome uitkom eendag, maar ek voel dat ’n mens dinge in jou eie hande moet vat en dit self moet maak werk,” verklap hy.

Bouwer, wat die afgelope paar jaar baie betrokke is by die vervaardiging van Afrikaanse flieks en bekend is as een van die land se beste storievertellers, het besluit om hierdie musiekvideo soos ’n drie minute-film aan te pak.

Die video, wat op een dag by stoeiklubs in Linden en Brakpan verfilm is, vertel die storie van ’n stoeier (Bouwer Bosch) wat met ’n struikelblok in sy lewe gekonfronteer word. Die ander karakter, wat gespeel word deur Stiaan Smith (Sy Klink Soos Lente, Vir Altyd, Phil101), is ’n metafoor vir die dinge in elkeen van ons se lewens waarmee ons soms moet vrede maak.

“Pleidooi se musiekvideo gaan oor hoe elke persoon in hierdie lewe met iets stoei. Daar is altyd iets waarmee jy nie tevrede is nie, mee moet vrede maak of moet leer om mee saam te leef,” deel hy. “Dit is my passie om stories te vertel. Daarom is hierdie meer van ’n kortfilm as ’n gewone musiekvideo. Ek wou ’n storie vertel van liefde, soos wat ’n mens dit nie gewoonlik sien nie, veral nie in Afrikaanse musiekvideos nie. Kuns is ’n weerspieëling van die samelewing en hierdie storie gaan oor ’n saak waaroor ek baie ernstig voel. Ek besef gereeld hoeveel invloed musikante en kunstenaars het en dan wonder ek altyd hoe ’n mens daardie invloed moet gebruik: Het jy ’n verantwoordelikheid om op te staan vir sekere goed of moet mens net jou eie ding doen en aangaan?” 

Kyk hier wat agter die skerms gebeur het:

 
Alhoewel Bouwer en Stiaan nie formele stoei-opleiding het nie, kon hulle darem op YouTube en in die reëlboeke ’n paar wenke kry om die stoeitonele reg te doen. “Stiaan het bygedra tot die regie van die video, omdat hy baie ervaring het met die kykNET-reeks, Hotel, waarvan hy een van die regisseurs was. Werner Botha was die kinematograaf.”

Die eindresultaat is treffend en kontroversieel en getuig nie net van Bouwer se talent as musikant en storieverteller nie, maar ook as filmmaker.

Bly op die hoogte van sy loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram, en besoek sy webblad.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.