Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Jo Black: ’n Nuwe naam om dop te hou op die Afrikaanse musiektoneel
Nuus

Jo Black: ’n Nuwe naam om dop te hou op die Afrikaanse musiektoneel

Fanie Nel18 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Enige sanger droom daarvan om ’n suksesvolle sangloopbaan te bou. Jo Black is die uitsondering. Want die man het meer as genoeg ervaring in bou. Vir 8 jaar lank was hy in konstruksie – paaie, brûe, skole en huise. Toe begin hy sy eie inisiatief met die naam “Be That Guy” wat kinders regoor die land help bou het aan ’n positiewe ingesteldheid. Nou begin hy bou aan sy sangloopbaan.


Die Pretoria-Noord boorling se eerste liedjie met die titel Skepe word op 25 November op iTunes en Apple Music bekendgestel. Boonop lê hy sommer ook ’n sterk fondasie deur die video op dieselfde dag op YouTube vry te stel.

Skepe is deur Jo homself saam met Johan Vorster en Christoph Kotzé geskryf en is in sy eie woorde “’n Lied wat ek hoop mense sal inspireer om aan te gaan, op te staan en ’n verskil te gaan maak. Dit maak nie saak waar jy in jou lewe is nie, dis nooit te laat om jou kop op te tel en vorentoe te gaan nie. Dis ‘n lied wat met jou siel moet praat meer as wat dit vir jou ore bedoel is. Hopelik kry elkeen ‘n stukkie hoop hieruit.”


Skepe is ook net die eerste tree van baie wat Jo gaan gee in die vermaaklikheidswêreld. Hy is reeds besig met die afrondingswerk aan sy eerste vollengte album saam met die gesoute Inhoud Huis span en die finale produk beloof om vol inspirasie en lekker ligte luistermusiek te wees.


As jy intussen meer oor die belowende nuwe stem wil uitvind, bly op hoogte deur hom op Instagram te volg of Twitter.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.