Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Henrico stel nuwe musiekvideo vry
Nuus

Henrico stel nuwe musiekvideo vry

Fanie Nel30 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die liedjie, Soos Reën speel reeds vir ’n geruime tyd op radiostasies landwyd en nou is die musiekvideo daarvan ook bekendgestel. Henrico verklap dat die video in die aand geskiet is en dat dit bitter koud was. Hy is egter baie opgewonde oor die eindresultaat en sien daarna uit om dit nou met die publiek te deel. “Die tema van die musiekvideo is eintlik baie eenvoudig. Dit is ek wat in ’n ou, verlate sitkamer sit en klavier speel. Maar skielik begin dit reën in die kamer. Dit was vir my so lekker om soveel mense om my te hê wat my ondersteun en help met my droom. Ek droom al vandat ek vyf is daaroor om ’n musiekvideo op te neem,” vertel hy.

Daar het geen twyfel bestaan dat Henrico Coetzer (23) sy nuwe liedjie, Soos Reën, moet sing nie. Só het die bekroonde sanger, Joshua Na Die Reën, gedink toe hy dié nuweling van Pretoria die eerste keer hoor sing het.

Henrico het nie gras onder sy voete laat groei nie en dadelik ingestem. ’n Paar weke later was hy in die opname-ateljee en kort daarna is dié treffer ampetlik vrygestel en baie goed ontvang. Vandag pronk dit op die Top 20-treffersparades van byna elkeen van die nege-en-twintig radiostasies wat dit gereeld speel en bekleë dit die nommer twee posisie op East Rand Stereo se trefferlys.

“Dis ’n voorreg as iemand met ’n mooi stem ’n liedjie wil sing wat ek geskryf het. Henrico is iemand wat baie kan toevoeg tot die Afrikaanse musiekbedryf,” sê Joshua Na Die Reën.

Vir Henrico was dit ’n groot eer om die liedjie te sing. Hy het sangopleiding gekry by die sanger, Chris Coetzer (Drie Tenore) en sedert hy 18-jaar oud is open hy gereeld vertonings vir gewilde sangers soos Bobby van Jaarsveld, sy sussie Karlien, Theuns Jordaan en Corlea Botha om maar net ’n paar te noem. En dis juis by een van Bobby se vertonings dat sy pad met Joshua Na Die Reën gekruis het. By dié spesifieke vertoning het Joshua Na Die Reën vir Bobby op die klavier begelei en dadelik vir Henrico raakgesien.

“Ek was op pad huis toe, en toe ek weer sien klop hy aan my kar se venster. Ek het oopgemaak en toe vertel hy my dat hy ’n nuwe liedjie geskryf het, Soos Reën, en hy dink dit sal perfek werk met my stem,” sê Henrico.

“Ek is mal oor die lirieke van Soos Reën. Dis heeltmal iets anders. Dis nie net ’n liedjie nie, dis ’n gedig en vertel ’n storie. Dit kan vir elkeen wat dit hoor iets anders beteken. Ek wil musiek maak wat mense se harte aanraak,” sê Henrico wat van kleins af hou van dig.

Die treffer is deel van sy tweede CD, Dis wie ek is wat verlede jaar opgeneem is. Buiten Joshua Na Die Reën, is daar ook lirieke deur Bobby van Jaarsveld, Johan Oberholzer, Hilandi du Toit en natuurlik Henrico self. “Die album sê wie ek is, en elke liedjie kom van diep uit my hart. Sonder enige pretensie,” sê Henrico, wat nie net sag op die oor is nie, maar ook op die oog.

Die sanger het die afgelope paar maande geleer dat die musiekbedryf nie maklik is om in te werk nie en dat sukses nie oornag gebeur nie, maar het reeds ’n paar hoogtepunte beleef, waaronder ’n optrede saam met Corlea Botha by Emperor’s Palace en verskeie vertonings by die Innibos-fees, om ’n paar te noem.

As jy hom vra wie hom inspireer, antwoord hy dadelik dat Josh Groban al van kleins af sy rolmodel is. “Hy is vir my ongelooflik en baie talentvol. Ghapi is my Suid-Afrikaanse inspirasie. Hy is ’n ongelooflike persoon wat soveel respek het vir opkomende kunstenaars. Hy is ’n mense mens en ek het die wêreld se respek vir hom,” verklap die sanger. Hy sou ook nog graag eendag saam met Monique ’n liedjie wil opneem en hoop om binnekort ’n draai te maak by Skouspel of Afrikaans is Groot.  

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.