Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Beleef uitmuntende musiek by die 23ste KKNK
Feeste

Beleef uitmuntende musiek by die 23ste KKNK

Fanie Nel27 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Die 23ste KKNK bied hope geleenthede om die room van die Suid-Afrikaanse kunste in verskeie genres, dissiplines en vorms te beleef. Vermaak vir oud en jonk word met ’n program propvol drama, humor, musiek, diskoers en vermaak aangebied.”

So sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van Saterdag, 8 tot Saterdag, 15 April 2017 vir die 23ste keer op Oudtshoorn aangebied word. Die datums val binne die nasionale skoolvakansie en die fees eindig oor Paasnaweek. Die feesprogram is op Sondag, 27 November by Rhebokskloof Wynlandgoed in die Paarl bekendgestel.

David Kramer se hip-hop musiekblyspel Amper Famous, saam met die jong hip-hop kunstenaar V.I.T.O. ontwikkel, is ’n eerste vir Suid-Afrika. V.I.T.O. is te sien in die hoofrol met ’n storie van ’n jong man van Okiep wat droom van nasionale sukses met sy Afrikaanse hip-hop.

Coenie de Villiers span kragte saam met Deon Meyer vir Karoo Suite met van De Villiers se nuwe musiek en die Karoo Suite, ’n debuutwerk, struktureel gebaseer op Vivaldi se Vier Seisoene. De Villiers het die musiek gekomponeer en die internasionaalerkende skrywer Deon Meyer het gehelp met die teks. Hy wys ook van sy asemrowende fotografie wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering word.

Karen Zoid en die Gereformeerde Blues Band trek ’n kontemporêre baadjie vir Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se ikoniese protesalbum Eet Kreef aan en die musiekprogram tree in gesprek met ’n ander ikoniese musiekteaterstuk Piekniek by Dingaan wat deur die Feesteforum en NATi ontwikkel word as Piekniek by Mpande nee Dingaan.

karen-zoid-en-die-gereformeerde-blues-band

Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe gee ’n swing twist aan bekende Afrikaanse musiek in die splinternuwe Karoo Swing en Zolani Mahola (Freshlyground) kom Rock en rol in ’n produksies wat die rol van vrouwees in die wêreld van rock & roll vereer.

Ander musiekdebute sluit in Amanda Strydom met So onder deur die maan, Andriette Norman en orkes met Goeie genade dis ’n dekade!, Jak de Priester met 15 Jaar met klavier en kitaar, Loki Rothman en Albert Frost met Die akoestiese kitaar, Ricus Nel en Pietman Geldenhuys met Die ding van ’n liedjie en Steffie le Roux en Les Javan wat hul musiektalente saamspan.

Die Vlammende Fez, ’n literêre kabaret, kyk na skrywer I.D. du Plessis se lewe en skryfwerk oor die Kaapse Maleier-kultuur, onder regie van Abduragmaan Adams met o.a. Chris van Niekerk, Loukmaan Adams en ’n Kaapse Maleier-sanggroep.

Angels on Horseback: Skop skiet and Blonder is sexy en satiriese vermaak en Jemma Khan bring die internasionaal suksesvolle We didn’t come to hell for the Croissants na die fees. Hierdie stout kabaret is verskillende storievertelling in die Japanese tradisie van prentjiestorievertelling (kamishibai), met die oorspronklike tekste deur verskillende vooraanstaande jong Suid-Afrikaanse skrywers in Engels geskryf, spesiaal vir die KKNK na Afrikaans vertaal deur Tertius Kapp.

Die internasionaal bekende Suid-Afrikaanse pianis, Petronel Malan is na jare te sien in ’n spesiale uitvoering, Getranskribeer. Ander hoogtepunte sluit in Adam Tas, Rocco de Villiers, Elvis Blue en Mathys Roets.

Die KKNK se opelug musiekervarings keer vir die eerste keer sedert 2012 terug na die Rivierbuurt en bied meer waarde as ooit tevore. ’n Ongelooflike atmosfeer word in die Rivierbuurt geskep met stalletjies, smulkos, wyn- en deli-proeë, kindervermaak, rusareas, musiek by twee verhoë vanaf 12:00 én in 2017 ook aandvertonings op die Huisgenoot-verhoog. ’n Feeskaartjie kos R250 (vir agt dae se vermaak) en dagkaartjies kos R50 per dag. Golden circle-kaartjies is vir uitgesoekte aande beskikbaar vir diegene wat voor in die gehoor wil wees, maar hierdie kaartjies bied nie toegang tot die Rivierbuurt nie.

Kindervermaak is gefokus by Arbeidsgenot en kinders (jonk en oud) word hier getrakteer op ’n verskeidenheid teaterproduksies en aktiwiteite soos Crafty Kids se werkswinkels, ’n multi-media produksie TechnoPOP en verskeie Uitkampteaterstukke. Gunstelinge onder die kinderhelde soos Lollos maak ook ’n draai.

Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za. Kaartjieverkope vir Kliek Klublede open Maandag, 28 November en Dinsdag, 17 Januarie 2017 vir die publiek by Computicket, Shoprite / Checkers en House & Home. Verblyfbesprekings kan by verblyf@kunste.org.za of 044 203 8600 gedoen word.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.