Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»RymStoff gaan SuperSport laat kook met dié treffer
Nuus

RymStoff gaan SuperSport laat kook met dié treffer

Fanie Nel24 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Multiply Titans sal binnekort hulle seges vier met ’n splinternuwe temalied en ’n prettige Titans-wikkeldans of ‘shake’, op die maat van die tonekrul-treffer – Shake It – deur die gewilde sanggroep, RymStoff.

RymStoff (Christoff de Beer en Raymond Ray) het dié spesiale Titans-lied geskryf en opgeneem om die emosionele band tussen die Titans-handelsmerk en lojale ondersteuners te versterk. Dit sal vir die eerste keer opgevoer word tydens die T20-wedstryd tussen die Titans en die Cobras by SuperSport Park op 25 November 2016.

rymstoff-2

Beide kunstenaars het jare se ondervinding in die vermaakbedryf. Christoff (26), wat aan Hoërskool Montana gematrikuleer en onderwys by Noordwes Universiteit studeer het, was vir agt jaar lank in die groep Roots of Youth waarna hy by Kurt Darren se orkes (Die KD Band) aangesluit het as hoof-kitaarspeler.

Raymond Ray (32), ’n regte rocker van Rustenburg, het in 2003 by Gresham Records aangesluit en die treffer, Calling, uitgereik. Hy het al die verhoog gedeel met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars en het steeds gereeld gehore op hulle voete wanneer hy – as hoofsanger – in verskillende Barnyard Theatre-produksies optree.

Die groep se eerste enkelsnit, Hartvlinders, het groot opslae gemaak toe dit vroeër vanjaar vrygestel is. Dit het gepryk op die Top20 van verskeie radiostasies se treffersparades – waaronder Bok Radio, Groot FM en East Rand Stereo en die musiekvideo het vir meer as 10 weke op die kykNET Top20 gekuier. Hulle tweede enkelsnit, Hand aan hand, speel ook tans radiostasies regoor die land aan die brand!

Shake it verskyn ook op RymStoff se debuutalbum getiteld, Alles En Meer, wat in Augustus 2016 uitgereik is.

“RymStoff het twee weergawes van die lied geskep. Een weergawe sal spesiaal gebruik word op radio en televisie. Die ander weergawe sal vir regstreekse uitsendings op SuperSport Park gebruik word. Dit gaan ’n spesiale atmosfeer in die stadion skep, die ondersteuners se voete laat jeuk, hul harte bekoor en die skare selfs sterker agter die Titans verenig. SuperSport Park is meer as net ’n wêreldgehalte stadion waar mense krieket kyk. Dit is ’n teater waar die Multiply Titans magieses vertonings lewer – ’n ikoniese stadion met ’n unieke atmosfeer. Dink net hoeveel waarde hierdie musikale nuutskepping en skouspel sal byvoeg tot die aantrekkingskrag tussen die spelers, die handelsmerk en die ondersteuners. Dit gaan sorg vir ’n gedenkwaardige ervaring vir Jan en alleman. Ons tuisskare is positief, gee luidkeels uiting aan hulle passie en is toegewyde ondersteuners van die spel en die Titans”, sê Jacques Faul, bedryfshoof van die Multiply Titans.

Kaartjies vir die T20-wedstryd tussen die Titans en Cobras op SuperSport Park, kan bespreek word by TicketPro.

Bly ophoogte van hul loopbaan op Facebook en Twitter.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.