Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»PACISA beloof om weer eens drome waar te maak
Nuus

PACISA beloof om weer eens drome waar te maak

Promosie23 September 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

PACISA (Performing Arts Community in South Africa) is die breinkind van Roelof Bouwer en Adri Mocke. Hulle het onderskeidelik meer as 15 jaar ondervinding in die Suid-Afrikaanse kunste-industrie en het kragte saam met menigte kenners gesnoer om saam ’n verskil te maak…

Volgens Mocke fokus die meeste kompetisies nie in die langtermyn op die bevordering van die deelnemers en die wenners nie; en dit is waar PACISA anders wil wees. PACISA se pryse is so saamgestel dat dit die wenners gaan help om te groei as kunstenaars en om hul plek te vind in Suid-Afrika se kunste-industrie. Almal betrokke is baie opgewonde oor die masterclass-werkswinkels deur professionele mense in die industrie wat Woensdag, 25 September van 10:00 aangebied gaan word. 

“Ek dink die masterclasses is die grootste waarde wat die deelnemers kan kry op ’n platform soos hierdie,” sê Bouwer. “Ek wens ek kon kenners hoor praat oor bemarking, oudisies en wat dit beteken om vir jouself te werk in die industrie, toe ek begin het. Dit sou my soveel beter besluite help neem het oor die jare,” voeg Bouwer by. 

Die werkswinkels is oop vir enigiemand wat meer inligting nodig het in die kunste-industrie, en nie net vir deelnemers van PACISA nie.

PACISA kies elke jaar ’n spesifieke deelnemer wat hulle finansieël help om by die Nasionale Rondte te kan optree. “Daar is soveel kunstenaars, veral in minder bevoorregte areas, wat nooit die geleentheid kry om hulle talente tot hulle volle reg uit te leef nie. As ons ’n verskil in een mens se lewe kan maak elke jaar sal ons voel dat PACISA ’n sukses is,” vertel Mocke.

Hierdie jaar is Lize-Marie Naude daardie geleentheid aangebied. Lize-Mare sê dat sy so dankbaar is vir die ongelooflike ondersteuning van PACISA. “Ek het ingeskryf vir PACISA met die idee om te wen, nie om te spog nie, maar wel om mense te probeer help wat deur moeilike tye gaan deur middel van my musiek. Ek weet dat God my geroep het om op te tree.” Sy voel die borgskap van PACISA is ’n gebed wat beantwoord is om God se naam hoog te hou. 

PACISA se eerste Nasionale Rondte vind plaas by Midstream Ridge Primary van 23 – 26 September 2019 en beloof om drome waar te maak. Besoek gerus www.pacisa.co.za vir meer inligting.

DIE BEOORDEELAARS

DIE VENNOTE

DIE KATEGORIË

Promosie

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.