Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Plaaslike kunstenaar gekies vir wêreldwye veldtog van Apple Music
Nuus

Plaaslike kunstenaar gekies vir wêreldwye veldtog van Apple Music

Geborg Deur: Apple MusicApple Music30 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Apple Music, wat steeds nuwe talent op die Afrika-kontinent ontdek en ontwikkel, het die Suid-Afrikaanse sanger, Roan Ash gekies om deel te wees van Country Wide, ’n wêreldwye Country Musiek-veldtog wat op 27 Julie afgeskop het.

Die wêreldwye inisiatief sluit The Wild Feathers van die VSA, Catherine McGrath (Ierland), Tenille Townes (Kanada) en Australië se Missy Lancaster in.

Ash, wat in Pretoria gebore is, het bekendheid verwerf as deelnemer in die eerste seisoen van The Voice, Suid Afrika.

Sy album Whiskey To My Soul is vroeër vanjaar bekend gestel. Dit volg op sy 2015-debuutalbum The Traveller.  Hierdie sanger en liedjieskrywer het vele aanhangers gewen toe hy vanjaar op die Suid-Afrikaanse weergawe van Dancing with the Stars ’n pragtige weergawe van sy liedjie If I Ever Saw Heaven opgevoer het.

Bekend vir sy moderne country, blues en folk-styl, het Ash in 2001 kitaar begin speel en in 2006 met optredes begin. Sedertdien het hy die verhoog gedeel met kunstenaars soos Dan Patlansky, Matthew Mole, Jan Blohm, Koos Kombuis, Arno Carstens, Vusi Mahlasela, Glaskas, Klopjag en Robin Auld.

In 2016 het hy die temalied van die rolprent Sy Klink Soos Lente saam met Bouwer Bosch en Dawie de Jager geskryf en opgeneem.

Oor die Country Wide veldtog sê Ash: “Wat ’n ongelooflike eer en voorreg om gekies te word as kunstenaar vir Apple Music se wêreldwye veldtog. Dit is nie elke dag dat ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar die geleentheid kry om internasionaal op hierdie platform te verskyn nie. Ek is Apple Music vir ewig dankbaar. ”

Met meer as 45-miljoen liedjies bied Apple Music ’n gratis 3-maande proeftydperk sonder verbintenis en is advertensievry. Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad en kan ook afgelaai word vanaf Google Play vir Android-toestelle.

Luister hier na die Country Wide-speellys op Apple Music:

Roan sal ook op Apple Music se Pure Country-radiostasie verskyn, sowel as The A-list speellys. Luister hier na die speellys:

Klik hier om na die Pure Country-radiostasie te luister:

Promosie

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.