Kersfees is om die draai en tyd vir geskenke.
Die aanlyn webwerf, Channel24, het vyf plaaslike sterre gevra wat hulle graag vir Kersfees wil hê, en hul antwoorde sal jou verbaas.
Ek sal graag ’n nuwe president vir Suid-Afrika wil hê.

Jack Parow
Slaap! Ek sal graag meer wil slaap hierdie Kersfees.
Ek sal beslis kan doen met doeke en room vir boudjies.
Al wat ek hierdie Kersfees wil hê, is om die dag saam my familie te spandeer en soveel kos en lekkers te eet en weer te eet totdat ek nie meer kan.
Richard Stirton
’n Onvergeetlike vakansie saam my geliefdes. ’n Vrag vol geluk, musiek, son, vreugde en liefde.