Site icon Afrikaanse Musieknuus

Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is Die Kontrak uiteindelik terug. 

Vanjaar sal dié gesogte werklikheidreeks gratis op eTV gekyk kan word. 

Die doel van Die Kontrak is om aspirant kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie te ontwikkel en vir hulle die platform te skep om ’n superster te word. “Met die dat Die Kontrak nou ook op eTV uitgesaai gaan word kan enige iemand met ’n televisie hierdie pad saam met ons stap,” meen Barry Pretorius, een van die kenners op dié program en bekroonde regisseur van Afrikaans is Groot.

Inskrywings vir die tweede seisoen het in Maart geopen en talle inskrywings is ontvang op Facebook, Instagram en TikTok. 

Hier is die top-26 deelnemers wat sake gaan uitspook op die GrootJol-verhoog by Weiveld op 21 Mei 2022 vir ’n plek in die top-16.  

MONIQUE STEYN

KARLIEN VAN JAARSVELD

REFENTSE

TARRYN LAMB

DEMI SE KEUSE

LEES OOK: Die Kontrak 2: En #demisekeuse is… 

Exit mobile version