Site icon Afrikaanse Musieknuus

Michael Blignaut se musiekvideo sien die ‘lig’

FOTO: Fathom Media

Die sanger Michael Blignaut het onlangs sy eerste liefdesballade, Naglig, vrygestel. Dis ’n kombinasie van mooi liefdeslirieke en ’n lekkerluister-wysie, wat beloof om die luisteraar te laat wegstap met ’n ekstra huppel in die stap en ’n opgewekte vrolikheid in die hart.

LEES OOK: Michael Blignaut bederf met ’n liefdesballade

Die musiekvideo vir dié liedjie, wat deur Vaughan en Nerine Gardiner geskryf is, is vroeër vandeesmaand in Honeydew, Johannesburg vervaardig en verfilm deur Jacques Loots en die span van Fathom Media.

“Die konsep agter die video was om meer te fokus op verskeie punte waar ligte gebruik is om die werklikheid van ‘naglig’ tot visuele lewe te bring,” vertel Michael.

“Die video skop af waar ons op die regte tyd terwyl die son sak, ’n baie mooi agtergrond het waar net ’n silhouette sigbaar is, wat dan oor beweeg na ’n meer duidelike prentjie met ligte wat die agtergrond verhelder,” gesels die sanger verder.

In die video kuier die twee hoofkarakters (vertolk deur Clarice Pieterse en Wiehan van Wyk) saam met vriende in ’n parkeerarea waar hul van mekaar notusie neem en die res van die aand saam om kuier. “Die sterk chemistry tussen die paartjie word duidelik uitgebeeld deur middel van hulle lyftaal, die grappies wat hulle maak en aan die einde van die aand, nadat al die vriende die parkeerarea verlaat het, bly net die paartjie oor waar hulle by hul voertuig sit en vir die sterre kyk,” vertel Michael.

Alhoewel dit ’n koue en winderige aand was, was die hele geselskap se harte warm en die humorsin volop. “Daar was baie gelag op stel.”

“Jay Loots en sy span is ’n merkwaardige span om mee saam te werk, riglyne was sterk deur gegee sodat almal verstaan wat van hulle verwag word,” voeg die sanger by.

Hare, stilering en grimering is deur Suna Robberts van Image by Suna hanteer.

Kyk die musiekvideo eksklusief hier:

Exit mobile version