Site icon Afrikaanse Musieknuus

Bekend sanger word pa!

Die sanger Dewald Wasserfall en sy vrou, Anél, het ouers van ’n seuntjie geword!

Sy mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het dié goeie nuus Donderdag aan Huisgenoot bevestig.

TBT Januarie in Vietnam saam met my 2 gunsteling mense

A post shared by Dewald Wasserfall (@dewaldwasserfall) on

“Dewald se baba seuntjie is gebore. Dit gaan baie goed met ma en baba,” het sy gesê

Die paartjie wil nie nóg besonderhede verklap nie.

Die kleinding se geboorte kom ’n paar maande nadat Dewald se album, Jy is die storm, goue status behaal het.

Baie geluk met julle eersteling, Dewald en Anél!

Exit mobile version