Site icon Afrikaanse Musieknuus

Die Appel Trilogie

Hierdie drie video’s, vorm saam ’n kort film, wat aaneenlopend kykers op die punte van hulle stoele sal hou. Die trilogie simboliseer die stryd wat Appel teen die dood oorwin het drie jaar terug, en dit belowe om die hartsnare te ruk. Die video’s was verfilm deur die bekroonde Gerhard van Rooyen.

Lei My Na Die Water

Lei My Na Die Water is die eerste video uit die trilogie en simboliseer die dood wat Appel kom aanval het deur sy stryd. Nèlene van der Westhuizen wat as Appel se vrou/liefde van sy lewe gespeel word, word weggeruk van hom af soos wat hy aangeval word deur Ian Neethling en sy trawante wat die dood simboliseer. Appel word platgeslaan en hy sien hoe word alles onder hom uitgeruk. Kry die video hier.

Kyk na ’n voorsmakie hier:

 
Kom Lê My Neer

Kom En Lê My Neer volg na die aanslag op Appel deur die dood. Appel roep na hulp om hom deur hierdie moeilike tyd te help. Hierdie video simboliseer die terugveg teen die dood asook die voorbereiding vir die groot geveg wat in werklikheid Appel so operasie was met ’n 5% kans vir oorlewing. Kry die video hier.

Kyk na ’n voorsmakie hier:

 
Vroumens

Vroumens wat geskryf is spesifiek vir Appel se vrou maak deel van die groot finalé waar Appel die finale stryd teen die dood moet oorwin in die vorm van sy skrale kans van oorlewing met die operasie waarvoor hy gaan. Kry die video hier.

Kyk na ’n voorsmakie hier:

 
Besoek gerus ook die Appel Trilogie-webblad vir meer besonderhede.

Exit mobile version