Hierdie drie video’s, vorm saam ’n kort film, wat aaneenlopend kykers op die punte van hulle stoele sal hou. Die trilogie simboliseer die stryd wat Appel teen die dood oorwin het drie jaar terug, en dit belowe om die hartsnare te ruk. Die videos vir die liedjies Lei My Na Die Water, Kom En Lê My Neer en die ode aan sy vrou Vroumens sal deur die loop van Mei en Junie vrygestel word. Daar kan groot verrassings verwag word in hierdie tydperk. Die video’s was verfilm deur die bekroonde Gerhard van Rooyen. Besoek gerus ook die Appel Trilogie-webblad vir meer besonderhede en hou ’n oog op ons webblad.