Sy jongste album, Patatas en Pyptabak, is geen uitsondering nie.
Só lyk Adam Tas se splinternuwe album
Die album bestaan uit 13 snitte wat in tipies Adam Tas-styl stories van mense, liefde, vriendskap, verlies, lewensreise, eenheid en hoop vertel met ’n duidelik patriotiese en onbeskaamd-geestelike ondertoon.

Luister gerus uit vir snitte soos Melken-heuning-vrou, Die laaste kitaar op aarde, Afrikagrond, My moeder is ’n taal en Manna vir die boere.
Krone 3 ’n hoogtepunt op die musiek kalender
Die album sluit ook twee duette in. Die tong-in-die-kies Ek slaap sleg sedert ek dood is met Ricus Nel en die Nick Cave-gunsteling, Where the wild roses grow, met Andriëtte.
Die album, Patatas en pyptabak, is tans in musiekwinkels regoor die land beskikbaar, en kan ook op iTunes.