Site icon Afrikaanse Musieknuus

Heidi se nuwe enkelsnit steek behoorlik ‘vas in jou kop’

FOTO: Dear J Photography

Met haar nuwe enkelsnit, “Vas in my Kop”, bring Heidi ’n vars Afrikaanse country-pop-klank wat die opwinding van ’n nuwe ontmoeting en die magie van ’n eerste dans perfek vasvang.

Dié liedjie geskryf deur Heidi en die liedjieskrywer Emil Paul vertel die verhaal van iemand wat onverwags jou hart én gedagtes oorneem – daardie spesiale persoon wat soos ’n aansteeklike liedjie aanhou speel en eenvoudig nie uit jou kop wil verdwyn nie.

Met energieke ritmes, aansteeklike melodieë en ’n koor wat luisteraars nooi om saam te sing én te dans, vier “Vas in my Kop” die opwinding van aantrekkingskrag. Dit gaan oor die moed om nader te staan, die eerste tree te gee en te hoop dat die persoon aan die ander kant ook “ja” sal sê.

Die enkelsnit kombineer moderne pop-country-invloede met ’n vrolike Afrikaanse aanslag en skep ’n lekkerluisterklank wat perfek by speellyste, radiostasies en dansvloere sal aanklank vind.

“Vas in my Kop” herinner luisteraars dat die mooiste liefdesverhale soms onverwags begin – met ’n enkele ontmoeting, ’n eerste dans en ’n eenvoudige vraag: “Wil jy dans?”

Exit mobile version