Site icon Afrikaanse Musieknuus

Danny Smoke praat net een taal en dis ‘lyftaal’!

FOTO: Verskaf

Bekend vir treffers soos “Carina” en “Yskas Skuif”, is Danny Smoke terug met ’n splinternuwe liefdesliedjie wat beloof om luisteraars reguit terug te neem na die dansvloer. Sy nuwe enkelsnit, “Lyftaal”, is sopas uitgereik.

“Lyftaal” vertel die storie van daardie spesiale oomblikke wanneer woorde eintlik onnodig raak – wanneer ’n glimlag, ’n kyk of selfs die manier waarop iemand beweeg, alles verklap. Dit is ’n liedjie oor aantrekkingskrag, romanse en die onmiskenbare energie tussen twee mense wat mekaar verstaan sonder dat hulle veel hoef te sê.

Met sterk melodieë, ’n aansteeklike ritme en ’n lekker dosis romantiek, vang Danny die opwinding van ’n nuwe aantrekkingskrag perfek vas. Die lirieke, “Dis jou lyftaal wat met my praat, sê alles wat jou lippe uitlaat”, vat die kern van die liedjie mooi saam: soms sê ’n mens se lyftaal baie meer as woorde ooit kan.

“Lyftaal” is deur Danny Smoke self geskryf en kombineer ’n energieke klank met ’n herkenbare liefdestema wat maklik aanklank sal vind by luisteraars van alle ouderdomme.

Met sy pakkende melodie en onweerstaanbare ritme het “Lyftaal” al die regte bestanddele om vinnig ’n gunsteling op radiostasies, dansvloere en speellyste regoor die land te word.

Exit mobile version