Afrikaanse Musieknuus

Maak gereed vir die beste aand: Francois van Coke & Vriende is terug!

FOTO: Gabriela Marais

Suid-Afrika se grootste arena-rockvertoning, Francois van Coke & Vriende, keer op Vrydag, 3 Oktober 2025 vir die sesde keer terug na die ikoniese SunBet Arena in Pretoria – en hierdie keer is die belofte duidelik: dis gaan die grootste een nóg wees.

“Sedert 2018 het julle elke jaar opgedaag om hierdie massiewe rock show ’n werklikheid te maak. Dit is iets spesiaal wat ons almal saam geskep het. Dankie vir dit! Is julle reg vir die beste aand van 2025?,” het Francois gesê.

Wat hierdie vertoning anders maak as enige ander rockkonsert, is dat Francois aktief saam met elke kunstenaar op die verhoog musiek geskryf en vrygestel het. Dis persoonlik. Dis eg. Dis ’n familie.

En soos Hunter Kennedy dit beskryf:

Dis soos om ’n mullet te hê – party in the front, party in the back!

Hierdie jaar se vriende kombineer nuwe verrassings met legendariese terugkomste:

’n Splinternuwe geanimeerde musiekvideo vir “DSK” (Dominee se Kind) – een van Francois se gunsteling snitte op “Die Ruimte” – is nou op YouTube beskikbaar.

LEES OOK: Francois van Coke se reis deur misterie en oneindige moontlikhede op ‘Die Ruimte’

Dié video is geskep deur derdejaar-studente van die Stellenbosch Academy of Design & Photography, en die wenner, Illandré Viljoen, is deur Francois self gekies na ’n aanlyn stemproses.

“Ek was dadelik mal oor die storielyn, die kleure, die fight sequence… haar gevoel vir die musiek is fantasties,” sê Francois.

Kyk die video hier:

Elke element van Francois van Coke & Vriende is doelbewus, met passie en persoonlikheid geskep – nie net vir die aanhangers nie, maar sáám met hulle.

“As hierdie show só lekker is vir ons, dink net hoe lekker dit vir julle gaan wees.” – Francois van Coke

Vrydag, 3 Oktober 2025
SunBet Arena, Time Square, Pretoria
20:00

Kry jou kaartjies nou: https://bit.ly/FvCenVriende2025

Francois van Coke & Vriende 2025 word moontlik gemaak deur AMP Events, in vennootskap met Castle Lite, Chery, Jacaranda FM 94.2 en Lift.

Exit mobile version