Site icon Afrikaanse Musieknuus

Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

Die hart van Afrikaanse musiek klop op 5 April 2025 by die Big Top Arena in Carnival City wanneer van die land se grootste en mees geliefde kunstenaars byeenkom vir die eenmalige vertoning, Oos Wes Tuis Bes. Hierdie unieke musiekervaring bring topklas vermaak na die Oos-Rand en omliggende areas – ’n feesviering van ons taal, kultuur en musiek.

Met die slagspreuk “Jou Dorp, Jou Taal, Jou Trots”, beloof die aand om ’n unieke viering van Afrikaanse musiek te wees. Hierdie produksie bring ’n indrukwekkende lys van kunstenaars bymekaar, wat elk hul eie unieke styl en energie na die verhoog bring.

Die konsert spog met ’n indrukwekkende lys van kunstenaars, wat van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf insluit:

Oos Wes Tuis Bes is nie net ’n konsert nie – dis ’n viering van Afrikaanse musiek op sy beste. Hierdie eenmalige vertoning bied ‘n kans vir musiekliefhebbers om hul gunsteling kunstenaars op ’n ongelooflike verhoog te ervaar, in hul eie gemeenskap.Kaartjies is reeds beskikbaar op Tixsa se webwerf. Moet dit nie misloop nie – hierdie gaan die beste jol in die Ooste wees op 5 April 2025 by die Big Top Arena in Carnival City!

Exit mobile version