Afrikaanse Musieknuus

Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Na die reuse sukses wat die GroolJol fees in Pretoria (Mei) en Hartenbos (Desember) geniet het, is dit goed gedink om hierdie fees na die mense toe te neem sodat hulle ook hierdie lekker energieke konsert kan beleef.

Oor Desember het honderde duisend mense op sosiale media gegons oor hoe lekker die GrootJol in Hartenbos gelyk het en nou is dit hulle kans om te kom langarm onder die sterre, smul by die kos stalletjies, en hulle dors te les op die maat van hulle gunsteling kunstenaars se musiek.

Vanjaar word die land aan die brand gejol met die grootste buitelug-feestoer wat Suid Afrika nóg gesien het. Daar is ses konserte in ses verskillende stede wat trek oor 2023.

KAAPSTAD 

Meerendal Wynlandgoed

1 April 2023

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP 

HARTENBOS

ATKV Amfi

8 April 2023

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP

DIE BAAI (GQEBERHA)

Nelson Mandela Stadion

15 April 2023

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP

VANDERBIJL

Emerald Resort & Casino

20 Mei 2023

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP

LET WEL: Die venue vir hierdie konsert het verander na Emerald Resort & Casino.

POTCHEFSTROOM

Jool Plaas

5 Augustus 2023

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP

PRETORIA

Voortrekker Monument

23 September 2023

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP

Die GrootJol Fees is met trots aangebied deur Toyota en sal van ons land se grootste kunstenaars insluit, soos Riaan Benadé, Appel, Ricus Nel, Bok van Blerk, Jay, Demi Lee Moore, Dodo Nyoka, Eloff, Lianie May, Karlien van Jaarsveld en Samantha Leonard.

Kaartjies is slegs by iTickets beskikbaar met 10% afslag sou jy oor Whatsapp deur die GrootChat koop.

Daar is verskeie lekker aanbiedinge vir feesgangers wat nie op hulself laat wag nie en heel eerste kaartjies koop, sal die eerste 1000 kaartjies teen slegs R250 verkoop word.

WEN GROOT

Wie hou nou nie van ’n man of ’n meisie in ’n “short” nie. ’n Bul met mooi bene en ’n nooi met stywe kuite maak ons knieë lam. 

Wys ons jou bene of kuite en staan ’n kans om by jou dorp se GrootJol as BeneBul of KuiteNooi aangewys te word en ’n kontantprys van R5000 los te slaan. Jy moet kaartjies hê en die Grootjol in jou dorp bywoon om in aanmerking te kom vir die prys. 

Deel jou bene foto’s met die hutsmerk vir watter dorp jy inskryf (bv. #benebulkaapstad #kuitenooipretoria).

Exit mobile version