Afrikaanse Musieknuus

Die Kontrak 2: Skryf só in…

FOTO: Verskaf

Na die reuse sukses van Die Kontrak se eerste seisoen, is dié musiek-realiteitsreeks terug om die volgende groot Afrikaanse kunstenaar te soek. eTV en die Coleske Artists gaan ’n talentvolle deelnemer se drome laat waar word.

Inskrywings sal digitaal geskied en aspirant-sangers kan hul inskrywingsvideos vanaf Donderdag, 31 Maart 2022 tot Vrydag, 29 April 2022 om middernag, op sosiale media laai om in aanmerking te kom.

Elkeen van die top 8 finaliste skop die program met ’n platekontrak af, maar hulle gaan hard moet werk om dit te behou.

Daar is vier mentors wat al die digitale inskrywings sal fynkam, om elkeen uiteindelik net twee deelnemers na die kompetisie te bring. Drie kenners sal week ná week hulle skerp ore en ervaring na die tafel bring – om vir deelnemers en mentors terugvoer te gee en die “grootbaas” se raadgewers te wees gedurende die proses.

Na elke episode se optredes en die kenners se kommentaar, rus die onus op die “grootbaas” van Coleske Artists om die moeilike besluit te neem oor watter deelnemer se kontrak na die afloop van elke episode opgeskeur sal word en wie se kontrak aan die einde van die reeks geteken sal wees. 

Skryf só in:

1. Neem ’n video waar jy jou gunsteling-liedjie sing en laai dit op jou Facebook, Instagram of TikTok. Stel jouself aan die mentors voor – sê wie jy is en waar jy vandaan kom. Tag die mentor wat jy wil hê in jou plasing. Gebruik die volgende:

Monique Steyn

Facebook: @MoniqueSteynSA

Instagram: @moniquesteynsa

TikTok: @moniquesteynsa

Refentse

Facebook: @RefentseSA

Instagram: @refentsemusiek

TikTok: @refentsemorake

Tarryn Lamb

Facebook: @Tarrynlamb

Instagram: @tarryn_lamb

TikTok: @tarrynlamb

Karlien van Jaarsveld

Facebook: @Karlien.van.Jaarsveld

Instagram: @karlienvanjaarsveld

TikTok: @karlien_van_jaarsveld

Jy sal ook Die Kontrak in jou plasing moet tag. Vir Facebook gebruik @DieKontrakTV, Instagram @diekontraktv en TikTok @diekontrak. En maak seker om die hutsmerke #WenDieKontrak #Inskrywing #etv te gebruik.

2. Registreer jou inskrywing op Die Kontrak se webblad, deur hier te klik. Deur hierdie stap te volg, verseker jy dat, jou inskrywing die kenners gaan bereik.

3. Kry jou vriende en familie om jou te ondersteun. Sodra jou inskrywing gelaai is op sosiale media en geregistreer is sal jou sosiale media gemonitor word om te kyk of jou vriende ook dink dat jy die kontrak werd is. Jy sal ook ’n skakel ontvang om stemme te werf.

Hou dít ingedagte wanneer jy inskryf:

Gereelde vrae:

Is daar ’n ouderdomsbemerking op inskrywings?

Nee, enige persoon van enige ouderdom kan inskryf vir Die Kontrak.

As die opnames in Pretoria gebeur, gaan dit my nie baie duur uitwerk nie?

Nee, as jy een van die Mentors se keuses is en na Pretoria moet reis, sal Die Kontrak jou vervoer, verblyf en etes dek. Vir so lank as wat jy in Pretoria vir die opnames moet wees.

Moet ek vir my inskrywingsvideo met begeleiding sing?

Dit is jou keuse, jy kan met begeleiding of a capella sing, solank as wat jou stemopname direk op die video is en nie vooraf opgeneem is nie.

Wanneer begin Die Kontrak uitsaai en waar?

Die nuwe seisoen van Die Kontrak sal vanaf 21 Augustus elke Sondag op eTV uitsaai met herhalings op eExtra.

Kan en inskryf al het ek reeds ’n CD gemaak en tree op?

Solank as wat jy nie ’n kontrak met ’n platemaatskappy of ’n vaste agentskapsooreenkoms het nie sal jy kan deelneem.

Die tweede seisoen van Die Kontrak saai vanaf 21 Augustus 2022 op eTV uit met herhalings op eExtra. Gesels gerus saam op sosiale media met die hutsmerk #DieKontrak2.

Exit mobile version