VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se nuwe werklikheidsreeks, Die Kontrak, het op Woensdag, 19 September die lig gesien. In die eerste episode het ons kennis gemaak met die mentors – Tarryn Lamb, Elvis Blue, Dewald Wasserfall en Monique Steyn – se top 24-deelnemers.
Die mentors kon elk 6 deelnemers na die ateljee in Pretoria nooi, maar op die ou einde kan elke mentor slegs twee finaliste kies wat deur middel van ’n rits uitklopkonserte dit gaan uitspook om daardie gesogte Coleske Artists-platekontrak en ’n plek op die Afrikaans is Groot-verhoog los te sing.
In die volgende episode word die top-8 deelnemers deur die mentors gekies. Loer intussen na die top-24 se inskrywingsvideo’s:
ELVIS BLUE

Faraway George (28) van Pretoria
Liné Koen (23) van Stellenbosch
Margot Rothman (18) van Kaapstad
Jacob Swann (28) van Stellenbosch
Marichelle Visser (19) van Pretoria
Natasha Zaaiman (19) van Middelburg
TARRYN LAMB
Remonde Arries (32) van Uitenhage
Megan Danner (20) van die Paarl
Tyral-Lee Miggels (20) van Uitenhage
Drikus Odendaal (19) van Potchefstroom
Jessie Presto (29) van Pretoria
Tatum Strydom (17) van Pretoria
MONIQUE STEYN
Wilha Carstens (31) van Pretoria
Janine Cupido (27) van Johannesburg
Luandri Engelbreght (28) van Pretoria
Demi-Lee Moore (29) van Kaapstad
Elizca Coetzer (34) van Johannesburg
Rian Strydom (26) van Port Elizabeth
DEWALD WASSERFALL
Deidré Barnard (16) van Strand
Wikus Bothma (26) van Pretoria
Amor Coetzee (17) van Mosselbaai
Emma Ellis (23) van Pretoria
Jan-Hendrik Fourie (28) van Stellenbosch
Ivan Roux (28) van Pretoria
Nuwe episodes van Die Kontrak sal elke Woensdag om 20:00 uitgesaai word met heruitsendings op Sondae om 18:00. Die JOOX-app, die Suid-Afrikaanse stroomdiens met die meeste Afrikaanse inhoud, is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.