Site icon Afrikaanse Musieknuus

Oudisie vir Buddy – The Holly Story skop binnekort af

Lefra Produksies kondig met trots aan dat hulle die mees suksevolle rock & roll musiekblyspel, Buddy –  the Holly story, in Suid-Afrika gaan aanbied!

Hierdie musiekblyspel sal by Emperors Palace se Theatre of Marcellus aangebied word van 14 Mei tot 10 Junie 2018. Buddy is deur meer as 25 miljoen mense wêreldwyd geniet en vertel die tragiese verhaal van Buddy Holly se kort lewe wat saam met sy hoërskoolvriende, The Crickets, die wêreld van countrymusiek omgekeer het met wonderlike rock & roll liedjies soos Rave On, Peggy Sue, La Bamba, Words Of Love, Oh Boy en vele meer.

Lefra Produksies nooi nou belangstellende akteurs en musikante om vir verskillende rolle te oudisie. Dit is belangrik dat die musikante ook moet kan toneelspeel. Oudisies vind plaas op 4 en 5 April met repetisies wat van 10 April tot 14 Mei 2018 sal plaasvind.  

Belangstellendes kan hul CV’s en ’n voltooide oudisievorm faks na: 086 219 4834 of e-pos aan admin@lefra.com.

Daar gaan oudisies gehou word vir die volgende karakters:

Exit mobile version