Afrikaanse Musieknuus

Gewilde groep kry nóg ’n lid

Die gewilde musiekgroep ADAM, wat onlangs hul splinternuwe album Sê My (Bewe) vrygestel het kry ’n splinternuwe lid by.

Die drie opsies waaruit aanhangers kan raai is: Reynard Slabbert, David Louw of Hykie Berg.

Reynard Slabbert is die bekende aanbieder op Bravo! en ook binnekort in die kykNET-komedie, Mense Mense te sien. “Die vierde stem gaan die melodie bring, ek is gebore om saam hul te sing – bring dit,” het hy gesê.

David Louw is bekend vir sy rol as Simon in Getroud met Rugby. Oor die geleentheid wat hom te beurt val, sê hy: “Ek is baie opgewonde om hopelik deel te wees van hierdie talentvolle groep – hou vas ons gaan al die reels breek ons gaan grense verskuif en die wêreld oorheers.”

Hykie Berg is bekend vir sy rol as Conrad in Binnelanders. “My talent is nie eintlik toneelspel nie, maar sang. Ek sien uit om hopelik deel te wees van ’n groep wat dit vir my sal verwesenlik,” sê hy.

Die nuwe lid word vanaand om 18:00 op ADAM se Facebook-blad bekend gemaak.

Exit mobile version