Aanhangers van die sanger, Joe Foster, word behoorlik bederf hierdie Valentynsdag.
Dié sanger het besluit om een van sy treffers gratis beskikbaar te maak, en dit slegs van 09:00 tot middernag.
Joe het vroeër vandeesmaand sy aanhangers gevra om uit vier liedjies; In Die Reën Vir Jou, Ridder, Pad Na Jou Hart of Vir My Gemaak te kies. Dis uiteindelik Pad Na Jou Hart wat die harte vinniger laat klop het.
Klik hier om die liedjie gratis af te laai

Volgens hom is dit ’n geskenk aan sy aanhangers om dankie te sê vir hul getroue ondersteuning die afgelope paar jaar.
Joe tree vanaand in Polokwane op by Pietersburg Laerskool vir ’n spesiale valentynsdag optrede. Skakel vir Norman op 064 491 2367 vir meer besonderhede en kaartjies.