Willem Botha is ’n Afrikaanse sanger en akteur. Willem is in 2004 as die wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied is aangewys. In 2006 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waar hy ’n platekontrak met Sony-musiek losslaan.
Nadat hy tweede gekom het in die gewilde 2006 se Idols het sy debuutalbum kort daarna gevolg. Hy het ook sy eie hand aan skryf gewaag met groot sukses. Ander skrywers sluit in Johan Vorster, Sean Else en Tony Ridgeway. Die album, Kô Ma Hier, is uitgereik in 2007.
Drie jaar na die vorige, vol sy tweede album, Sê My Nou. Willem self het die liedjies geskryf en bekroonde liedjieskrywer Johan Vorster het ook weer bygedra. Die album sluit ook die duet met Andriëtte, Hoe Meer Ons Dit Doen, in. Die album is uitgereik in 2009.

In 2012 volg Willem Botha se derde album, My Stem Is Joune – ’n ouer en meer volwasse Willem met ’n baie meer organiese klank op die album. Meeste van die liedjies uit die pen van Johan Oberholzer en Willem self het ook twee snitte geskryf. Die album sluit ook die radiotreffer Breek Op In Stereo in.
Willem Botha hou ook sy lyf akteur en verskyn in rolprente soos Liefling en Pretville. Hy vertolk ook die rol van Jaydee in die tweede seisoen van Sterlopers wat in 2016 op kykNET uitgesaai is. Boonop is hy ook aanbieder van die kykNET NOU!-program, chatNOU!
Bly ophoogte van Willem se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.