Teubes Wyne is trots om die derde Oeskoors-Fees aan te bied. Die opgewondenheid vir die 2017 druiwe-oestyd in die Matzikama-streek is aansteeklik en die feesvieringe gaan dit verder vier.
Teubes Wyne is ‘n familie-wynplaas wat fokus op gehalte wyn en is deel van die Weskus-wynroete. Hulle het 4 wynreekse naamlik, Teubes Family Wines, Lambertsbay’s Finest, Malkopbaai en Karoobossie en is passievol oor die skep van Sauvignon Blanc. Hierdie wyne is landwyd beskikbaar.
Die eerste Oeskoors-Fees is in 2014 aangebied en was ‘n reuse sukses. By die 2017 fees kan besoekers deel neem aan vele aktiwiteite en luister na optredes van werklik gehalte musiek kunstenaars.

Feesgangers kan onder andere uit sien na gesins-aktiwiteite soos druiwe-trap en prop-spoeg, en daar is ook wynproeë, heerlike kos en allerlei stalletjies.
Die derde Oeskoors-fees vind plaas op Saterdag, 28 Januarie 2017, op die Teubes Wynplaas by Vredendal. Kaartjies beloop R100 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 12 jaar oud. Dit sluit ’n gratis Oeskoors-Fees wynglas in.
Bespreek jou kaartjies deur info@teubeswines.co.za of kontak +27 (0) 27 213 2377
Besoek gerus Teubes Wines op Facebook (@teubeswines), Twitter (@TeubesWines) en Instagram (@teubeswines) vir meer inligting, of die webblad by www.teubeswines.co.za.