Afrikaanse Musieknuus

Onder die Kersboom met Gerhard Steyn

Kersfees loer vir ons, en as jy geen ander planne het op Kersdag nie, kan jy verseker voor die kassie inskuif vir ’n eksklusiewe Kersprogram, Onder die Kersboom met die sanger Gerhard Steyn op SABC 2.

Van sneeumanne saam met Nicholis Louw, tot vrolike kerspoedings saam Sorina oftewel Die Flooze tot familievriendelike mengeldrankies met die mooie Nádine. Daar is selfs kersgeskenk kompetisies met Die Campbells.

Boonop deel Suid-Afrikaanse kunstenaars hul kersherinneringe, tradies en truuks met kykers. Hulle deel ook hul gunsteling kersliedjies.

Kyk die voorskou-video hier: 

Onder die Kersboom met Gerhard Steyn word Sondag, 25 Desember tussen 10:30 en 12:00 slegs op SABC 2 uitgesaai.

 

Exit mobile version