Jy het daarvoor gevra en hier is dit! In Desember vanjaar bring kykNET die gewilde musiekkonsertreeks Afrikaans is Groot na jou woonkamer.
Dié jaarlikse konsertreeks wat sterre soos Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld en Elvis Blue lok, is ’n ware wie’s wie van Afrikaanse musiek. Dié dat die kaartjies altyd vinniger as pannekoek op ’n kermis uitverkoop.
Beleef die beste oomblikke en optredes sedert 2012 elke Sondagaand saam op kykNET (DStv-kanaal 144).
Die hoogtepunte sluit in:
Afrikaans is Groot 2012
4 Desember 20:00
’n Treffersparade met van Suid-Afrika se grootste sangers by die Moreletapark Gemeente in Pretoria. Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld hou konsert saam met ’n rits ander bekendes.

Afrikaans is Groot 2013
11 Desember 20:00
Vyftien van die gewildste Afrikaanse kunstenaars, waaronder Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en Bobby van Jaarsveld, het die skare tydens agt ongelooflike vertonings in vervoering gehad.
Afrikaans is Groot 2014
18 Desember 20:00
En nog ’n keer met gevoel(!): Die grootste Afrikaanse musieksterre sing en speel vol sale op hulle voete in ’n reeks meesleurende konserte.
Afrikaans is Groot 2015
31 Desember 20:00
Die grotes van Afrikaanse musiek, insluitend Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld en Elvis Blue, het weer in 2015 bymekaar gekom om skares met 11 vuurwarm konserte te vermaak.