Site icon Afrikaanse Musieknuus

Kurt Darren word weer pa

Die sanger, Kurt Darren en sy vrou Dunay, het ouers geword van ’n baba seuntjie. Kurt het die goeie nuus op sy Facebook-blad gedeel.

“Baie trots op my brawe vrou, pragtige babaseun gebore vanoggend om 08:10, 3,58kg en 51 lank, so geseënd!!” het hy geskryf.

Die sanger het eksklusief aan Huisgenoot verklap dat hul seun se naam, Kade is. Nes ousus Kyrah, wie se Bybelse naam “edele dame” beteken, het Kade se naam ook ’n betekenis. Kurt sê dat Kade “ware vriend en maat” beteken. “Ek is verskriklik opgewonde oor hierdie laaitie,” sê Kurt verder.

Kurt en Dunay is ook die trotse ouers van Kyrah, wat op 10 November 2014 gebore is. Kurt Darren was ook te sien by die Madeliefie Makietie verlede naweek. Lees meer hier oor die sukses van die fees.

Baie geluk julle!

Exit mobile version