Die bekende sangeres, Charlize Berg en haar kêrel, Warren Linden gaan eersdaags die knoop deurhaak. Sy het dié goeie nuus spesiaal met ons gedeel.
Linden het dié Braaf-sangeres die ja-woord gevra op 16 September.

Charlize het vroeër vanjaar haar splinternuwe album, As Jy Weet Dis Liefde, bekend gestel. “Die album is geïnspireer deur liefde. Om jouself op te tel na hartbreek of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om onvoorwaardelik jouself te kan wees.” vertel sy oor die album.
Baie geluk Charlize!