Site icon Afrikaanse Musieknuus

Karlien van Jaarsveld is verloof aan haar nuwe hartjie

Die gewilde sangeres, Karlien van Jaarsveld, is weer verloof. Die keer aan haar kêrel, Joe Breytenbach.

Netwerk24 het vroeër vanjaar berig dat dié twee ’n paartjie is nadat hulle gekiek is by die SAMA-toekennings. Joe het dié foto’s van hom en Karlien op Instagram gedeel. Die eerste foto was by die onlangse SAMA’s. En die tweede het hy 19 weke gelede gedeel met die onderskrif … “So there’s this girl…”

@thesamas_

A photo posted by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on

So there’s this girl 😜😍

A photo posted by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on

Karlien het die verlowing aangekondig op haar Instagram-profiel. “Joe is net ’n gewone ou, met ’n gewone werk wat lief is vir gholf op ’n random afdag en ’n bier om te ontspan.” het sy geskryf.

Hulle het seker sowat 11 jaar terug ontmoet, maar Joe het Parys toe getrek. Joe se gunsteling sanger is Koos Kombuis en hy maak gereeld kos. Karlien voeg ook by dat sy gunsteling kleur swart is.

Van die Afrikaanse Musiek Nuus-span wens ons julle geluk!

Exit mobile version