Site icon Afrikaanse Musieknuus

Huisgenoot Tempos 2016: Sterre skitter op rooi tapyt en hier’s die wenners

Talle sangers, akteurs en mense in die vermaakbedryf Dinsdagaand byeen gekom vir dié glansaand van die jaar om uit te vind wie bekroon word as aktrise of akteur van die jaar of selfs watter rolprent of TV-reeks Huisgenoot-lesers se eerste keuse is.

Die komediant Schalk Bezuidenhout het met sy skerp tong die gehoor vermaak terwyl die beste van die beste aangekondig word. 

Leah is bekroon in die kategorie nuweling van die jaar vir haar album Wonderwerk. Haar treffer Met Jou Klere Aan het ook gewen as liedjie van die jaar sowel as in die kategorie musiekvideo van die jaar.

Kort op haar hakke was die immergewilde Karen Zoid wat aangewys is as TV-aanbieder van die jaar. Haar geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, het ook in die afdeling TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid en Speletjies, geseëvier.

Dit was ook ’n spesiale oomblik toe die legendariese Anneli van Rooyen haar prys ontvang in die kategorie gospelalbum van die jaar vir haar album Nogtans Sal Ek Sing.

Die grapmaker, sanger, skrywer, etiketkenner en verhoogpersoonlikheid Nataniël is vereer met die spesiale prys as Afrikaanse erfenislater.

Verskeie kunstenaars het die gehoor met optredes vermaak, onder andere Magdalene Minnaar, Min Shaw, Nádine, Len Muller en CH2, Gloria Bosman, Refentse Morake en Charlize Berg, Adam, Jack Parrow en Jaco van der Merwe van Bittereinder, Francois van Coke, die Linden-koor en Karen Zoid.

Hier onder volg die wenners:

Nuweling van die jaar
Leah – Wonderwerk

Gospelalbum van die jaar
Anneli van Rooyen – Nogtans Sal Ek Sing

Pop-/sokkiealbum van die jaar
Jay & Lianie – Vir Liefde

Kontemporêre album van die jaar
Elvis Blue – Êrens in die Middel van Nêrens

Liedjie van die jaar
Leah – Met Jou Klere Aan

Musiekvideo van die jaar
Leah – Met Jou Klere Aan

Topverkoper-CD van die jaar
Juanita du Plessis – Toe Staan die Wêreld Stil

Topverkoper-DVD van die jaar
Laurika Rauch en Elvis Blue – Hart en See

TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies
Republiek van Zoid Afrika

TV-aanbieder van die jaar
Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika

Radioaanbieder van die jaar
Martin Bester – Jacaranda FM

Leesboek van die jaar
Lien Botha – Wonderboom

TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom
Sterlopers

Akteur van die jaar: Drama, Sitkom
Armand Aucamp – Die Boekklub

Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom
Franci Swanepoel – Bloedbroers, Getroud met Rugby, Sterlopers

TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom
Sterlopers

Sepie van die jaar
Binnelanders

Sepieakteur van die jaar
Hans Strydom – Binnelanders

Sepieaktrise van die jaar
Leandie du Randt – Binnelanders

Akteur van die jaar: Rolprent
Ivan Botha – Vir Altyd

Aktrise van die jaar: Rolprent
Donnalee Roberts – Vir Altyd

Rolprent van die jaar

Dis Ek, Anna

Afrikaanse erfenislater
Nataniël

Kyk net na al die foto’s hier:

Exit mobile version