Site icon Afrikaanse Musieknuus

Goeie nuus vir Bobby van Jaarsveld aanhangers

Aanhangers van The Voice South Africa, mentor, Bobby van Jaarsveld kan eersdaags uitsien na ’n DVD met al sy musiekvideos.

Hy het die goeie nuus op sy Facebook-blad gedeel. “Die rede is omdat ek by omtrent elke show navrae kry hiervoor, daarom dat Coleske Artists besluit het die tyd is ryp om dit te doen.” skryf hy. Die DVD sal na verwagting in Julie op die rakke wees.

Intussen werk Bobby ook aan ’n Engelse album ná die reuse sukses met die uitreiking van sy eerste Engelse enkelsnit, It’s Always Been You. Dié album sal in Oktober die rakke tref. Aanhangers is onlangs ook getrakteer met die eerste snit vanaf dié album.

Holy, is onlangs op die radiostasie, Jacaranda FM bekend gestel en sal later vandeesmaand op iTunes vrygestel word.

Exit mobile version