Die Toe Vind Ek Jou sanger, Francois van Coke en sy vrou, Lauren gaan eersdaags ouers word van ’n dogtertjie. Van Coke het met ’n sonar foto dié goeie nuus op sy Facebook-blad aangekondig.
“Sy kom in November en ons kan nie wag nie.” skryf hy verder. Van Coke sal vanaand by Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wees vir die kykNET-Rockkonsert.

