Op 12 Julie maak Aidan Kade sy debuut in die Afrikaanse musiekbedryf met Paaie X, wat indie-pop en alternatiewe rock meng. Sy sielvolle stem en introspektiewe lirieke beloof ’n vars musikale reis.
Brendan Peyper se Plaaspop (Mullet Mix) is ’n energieke sokkie-treffer wat die dansvloere sal laat brand. Beskikbaar op alle platforms, hierdie remix beloof om luisteraars ekstra lekker te laat sokkie.
Anton Goosen se nuutste album, Sirkels, is onlangs vrygestel en ons het met hierdie ikoniese figuur in Afrikaanse musiek gaan gesels daaroor. Bly by my (my lief) is ’n liefdesgedig wat almal se harte raak.
Mirandi, naaswenner van Die Kontrak se derde seisoen, stel haar nuwe enkelsnit, Wille Sarie, vry. Geskoei op Good Golly Miss Molly, meng dit blues, rock en jazz met haar eie lirieke.
Wentzel, die gewilde Suid-Afrikaanse musikant, stel sy nuutste enkelsnit, Meisie wat kan vasdans, op 5 Julie 2024 bekend. Hierdie liedjie vang die gees van ’n dansgeleentheid vas.
Elizma Theron, die veelbekroonde sangeres en liedjieskrywer, maak op 5 Julie ’n triomfantelike terugkeer met haar nuutste enkelsnit, Bitter Lekker, wat die dinamiek van verhoudings en lewenskontraste ondersoek.
Juanita du Plessis se nuwe enkelsnit, Dis ’n Vibe, beloof om aanhangers se harte te verower met sy aansteeklike pop/sokkie-ritme en inspirerende boodskap. Beskikbaar vanaf 28 Junie 2024.
Déjà Vu stel hul nuwe enkelsnit Medikasie vry, met Harry Broersma aan boord. Die lied verken selfidentiteit en moedig luisteraars aan om hul eie unieke pad te loop. Beskikbaar op alle groot musiekplatforms.
Armand Barnard se nuwe enkelsnit, Vape & Suip, vat jou nostalgies terug na studente dae vol brandy specials, huisdans-dates en onvergeetlike herinneringe, geskryf saam met Hunter Kennedy en Fred Den Hartog.
Ná meer as twee dekades as solo-kunstenaar, bly Jay ’n onbetwisbare gunsteling in die musiekbedryf. Sy nuwe enkelsnit, Sou Vir Jou, is nou beskikbaar op alle stroomdienste.