Werner van der Hoven se debuut-album, Hart se Taal, is ’n eerbetoon aan sy liefde vir Afrikaans. Dit bevat nuwe en ou liedjies, met treffers soos Wynland en Vuur wat Brand.
Die benoemdes vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is pas bekendgemaak. Die toekenningsgeleentheid vind hierdie jaar plaas op 18 September 2024 by die 3Ci Ouditorium in Pretoria en die publiek word ook uitgenooi om die geleentheid by te woon.
Jan-Mattys is gereed om die musiektoneel te verower en ’n hele paar meisies se knieë lam te maak. Veral wanneer sy nuwe enkelsnit Fluit Fluit vrygestel word op 19 Julie 2024.
Precision Music het ’n samewerkingsooreenkoms met Select Musiek aangekondig. Die eerste vrug van hierdie vennootskap is Jo Black se nuwe enkelsnit Jou Tyd Is Nou, vrygestel op 19 Julie 2024.
Karlien van Jaarsveld het haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik. Dié liedjie, wat sy self geskryf het, ondersoek haar persoonlike pelgrimstog en bied ’n diep insig in haar innerlike reis.
Berei jou voor vir ’n nostalgiese musikale reis met Willem Botha, Ruan Josh, Reynardt Hugo, Germandt Geldenhuys en Lee Scott by Heroes Brackenfell op 19 en 21 Julie en Emperors Palace op 4 Augustus.
Posduif se nuwe enkelsnit, Houer van Jou Geheim, verken die diep verbintenisse tussen mense en beloof om aanhangers se harte te raak. Die snit kombineer emosionele diepte met die groep se kenmerkende energie.
Op 12 Julie maak Aidan Kade sy debuut in die Afrikaanse musiekbedryf met Paaie X, wat indie-pop en alternatiewe rock meng. Sy sielvolle stem en introspektiewe lirieke beloof ’n vars musikale reis.
Brendan Peyper se Plaaspop (Mullet Mix) is ’n energieke sokkie-treffer wat die dansvloere sal laat brand. Beskikbaar op alle platforms, hierdie remix beloof om luisteraars ekstra lekker te laat sokkie.
Anton Goosen se nuutste album, Sirkels, is onlangs vrygestel en ons het met hierdie ikoniese figuur in Afrikaanse musiek gaan gesels daaroor. Bly by my (my lief) is ’n liefdesgedig wat almal se harte raak.