Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Huisreëls

Baie dankie vir jou deelname aan Afrikaanse Musiek Nuus se Facebook-blad. Lees egter die volgende huisreëls deeglik deur:

1. Geen haatspraak sal geduld word nie.

2. Moenie ’n ander gebruiker van Afrikaanse Musiek Nuus se Facebook-blad in die verleentheid stel, dreig, vloek of seksueel teister nie.

3. Vir jou eie veiligheid, moet asseblief nie enige persoonlike inligting (ID-nommer, selfoonnommer of adres) op Afrikaanse Musiek Nuus se Facebook-blad deel nie. Dit sal verwyder word. Stuur liefs ’n private boodskap.

4. Negatiewe kommentaar, kommentaar van afbrekende aard of kommentaar wat ten doel het om vyandigheid aan te hits, mag gemodereer of verwyder word.

5. Dubbele plasings (navrae wat reeds beantwoord is of enige poging om gemorspos of “spam” te versprei) mag deur Afrikaanse Musiek Nuus verwyder word.

6. Antwoorde op enige plasings of gebruikers wat skuldig is aan die oortreding van bogenoemde reëls, wat ook die reëls oortree, sal dienooreenkomstig gemodereer word.

7. Geen gemorspos (“spam”) met aanstootlike foto’s of video’s sal geduld word nie. Skakels wat boonop niks met Afrikaanse Films te make het nie, sal verwyder word.

*Let wel: Enigeen wat die reëls gereeld verontagsaam, sal van die blad verwyder word.