Afrikaanse Musieknuus

Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

Die laaste bietjie winterweer is nog in die lug, maar ons droom reeds van warm somersdae, strandvakansies en onvergeetlike musiek onder die sterre. Hartenbos GrootFees keer vanjaar vir die vierde keer terug na die ATKV-Hartenbos Amfiteater – groter, beter en met trots aangebied deur Betify.

Merk solank 19, 29 en 31 Desember 2026 in jou dagboek, want die Tuinroete se gewildste vakansiemusiekfees is weer gereed om duisende feesgangers van regoor Suid-Afrika te verwelkom.

“Ons feesgangers kom jaar ná jaar van heinde en verre om hul vakansie in Hartenbos deur te bring. Daarom is dit vir ons belangrik om elke Desember die vermaaklikheidshoogtepunt van die vakansie te bied,” sê Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger.

Vanjaar se program

AiG-Buitelug – 19 Desember 2026 | KAARTJIES 

’n Mini-weergawe van die gewilde Afrikaans is Groot-konsert met:

Alternatief is Groot – 29 Desember 2026 | KAARTJIES

’n Aand propvol alternatiewe Afrikaanse musiek met:

GrootJol – 31 Desember 2026 | KAARTJIES

Vier Oujaarsaand saam met:

Kaartjiepryse:

Benewens die topklaskunstenaars sal feesgangers ook ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies, die Caribbean Twist-ontspanningskroeg en voorvermaak voor elke konsert geniet.

Hartenbos GrootFees 2026 beloof weer drie dae van wêreldklas Afrikaanse vermaak, lekker kuier en onvergeetlike vakansieherinneringe vir die hele gesin. Met trots aangebied deur Betify in samewerking met Virseker, Aluma, Netwerk24, AFGRI en Caribbean Twist.

Exit mobile version