Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Chris Steyn se nuwe liedjie is vir langafstandliefde

Redaksiespan3 April 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die gewilde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Chris Steyn is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Ek Kom Jou Haal” – ’n opregte liefdesverhaal wat die uitdagings én mooi van ’n langafstandverhouding vasvang.

Dié liedjie is geskryf deur Chris saam met sy liedjieskryfvriende, Marco van Deventer en Georic Lomas, met Chris wat sy eie unieke “geur” by die liedjie gevoeg het. “Ek Kom Jou Haal” vertel die storie van ’n man wat moeg raak vir die afstand tussen hom en sy geliefde – en uiteindelik besluit om alles te los, na haar toe te vlieg en haar te vra om te trou.

“Die liedjie beteken vir my baie, want ek is self in ’n langafstandverhouding,” vertel Chris. “Ek is dalk nog nie heeltemal op daai stadium van trou nie, maar ek verstaan daai verlange en emosie baie goed.”

Met sy aansteeklike sokkie-ritme en opregte lirieke hoop Chris dat luisteraars – veral Suid-Afrikaners wat oorsee werk en hul geliefdes mis – aanklank by die liedjie sal vind. “Ek dink baie mense gaan hulself in die storie herken, en natuurlik hoop ek hulle dans ook lekker saam wanneer die liedjie speel,” voeg hy by.

Die musiekvideo vir “Ek Kom Jou Haal” bring die storie visueel tot lewe: dit begin met Chris wat saam met vriende in ’n kroeg kuier en oor sy meisie gesels, waarna hulle hom aanmoedig om die groot sprong te waag. Hy vertrek lughawe toe, vlieg terug Suid-Afrika toe vanaf Amerika en verras uiteindelik sy geliefde by haar huis. Die video is in Pretoria geskiet, met Chris se vriende wat ook in die video verskyn. Die produksie is behartig deur ETG Productions.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.