Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Só maak Spoegwolf reg vir Afrikaans is Groot 2025

Redaksiespan22 Februarie 2026
FOTO: Kief Kreativ
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

In die eerste episode van Die Oomblik kry kykers ’n eksklusiewe blik agter die skerms waar Spoegwolf voorberei vir hul groot verskyning op die Afrikaans is Groot 2025-verhoog.

Dié ses-episode doku-reeks neem gehore op ’n intieme reis saam met vyf kunstenaars terwyl hulle fisiek én emosioneel gereed maak vir een van die grootste Afrikaanse verhoogproduksies van die jaar.

Wie is Spoegwolf?

Spoegwolf, die ikoniese Afrikaanse rockgroep van die Paarl, het in 2012 ontstaan en bestaan uit Danie du Toit, Moskou du Toit, Chris von Wielligh en Albert van der Merwe.

Hul debuutalbum, “Swaartekrag” (2012), het die grondslag gelê vir ’n merkwaardige loopbaan. Dit is opgevolg deur “Somer” (2015), wat aan hulle ’n Ghoema-toekenning vir Beste Alternatiewe Album besorg het. Daarna volg “Die Donker Toring” (2017) en “Koma” (2019) – laasgenoemde het onmiddellik die nommer-een-posisie op Apple Music se ranglys ingeneem.

In 2020 verras hulle aanhangers met twee vollengte albums, “See” en “Wind”, asook die EP’s “Goud” en “Silwer”. In 2022 volg nóg twee projekte: “Droombrief” en “Dryf” – bewys van ’n band wat kreatief nooit stilstaan nie.

Die kontrak

“Toe ons hoor ons speel by Afrikaans is Groot… ons het eintlik by Alternatief is Groot by die GrootFees in Hartenbos daarvan gehoor,” vertel Danie du Toit. “Ons was soos… hulle gaan dit mos nou nooit doen nie.”

Dié nuus moes aanvanklik stil gehou word – iets wat nie maklik was nie. “Ek dink ons moes dit nog ’n geheim hou. Dit was baie moeilik om daai nuus te kry en dit nie met jou ouers te deel nie. Ek het vir my vrou daarvan gesê,” lag Danie.

Die mense agter die musiek

Vir hul grootste ondersteuner het die groep vir Jürgen von Wechmar, platebaas van Sunset Recording Studios in Stellenbosch, gekies – die man wat al hul albums help vorm het.

“Dit raak my hart baie dat hulle só voel oor my,” vertel Jürgen. “Ek is seker een van hul grootste fans. Ek en my vrou support die band – ons is groot supporters.”

Jürgen von Wechmar van Sunset Recording Studios is Spoegwolf se grootste ondersteuner. FOTO: Verskaf

In Bloemfontein ontmoet ons nóg ’n lojale aanhanger: Shaun Engelbrecht, ’n persoonlike afrigter en lewensafrigter wat reeds op 18-jarige ouderdom aanklank by Spoegwolf se musiek gevind het.

“By ’n Spoegwolf-konsert skree en sing ek woord-vir-woord saam,” vertel Shaun.

Shaun Engelbrecht van Bloemfontein is Spoegwolf se grootste aanhanger. FOTO: Verskaf

Ses weke voor die groot aand

Ses weke voor Die Oomblik aanbreek, begin die kreatiewe beplanning in erns.

“We want to curate something spectacular for your segment. A prop that would transcend the whole stage into something new,” verduidelik Hayley Bennett-Freidin, uitvoerende kreatiewe regisseur van die produksie.

Die tegniese tekening wat voorgelê is aan Spoegwolf. FOTO: Verskaf

Vir hul Afrikaans is Groot-optrede sing Spoegwolf ’n kragtige mengsel van “Geel” en “Lenie Blou.”

“The drummer drops down, you all drop down from the roof,” verduidelik Hayley verder – ’n konsep wat die gehoor letterlik asemloos sou laat.

Die inspirasie vir Spoegwolf se oomblik. FOTO: Verskaf

Alles kom bymekaar

’n Paar dae voor die konsert word alles wat maande lank op papier beplan is, fisies saamgestel by die SunBet Arena. Outomatiseringstelsels word fyn ingestel, klanktoetse voltooi en mediese induksies gedoen.

Corné Roodt, stelbouer vir Afrikaans is Groot, verduidelik dat Moskou se dromstel veilig en stewig gemonteer moet word sodat dit hoog in die dak kan “leef” voordat dit dramaties afsak tydens die vertoning.

Corné Roodt is die stelbouer van Afrikaans is Groot. FOTO: Verskaf

Vuurwerke en vlamme word deeglik getoets – elke detail perfek uitgewerk.

En dan… breek die oomblik aan

Spoegwolf daal neer. Danie hardloop by die trappe van die kitaar af. Dis nie net ’n optrede nie – dis ’n belewenis.

Kyk die volledige optrede hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.