Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Christia Visser bring hart, eerlikheid in nuwe enkelsnit

Redaksiespan10 Oktober 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Christia Visser bly een van die mees egte en eerlike stemme in Afrikaanse musiek – iemand wat nooit skroom om haar eie stories en emosies met haar aanhangers te deel nie. Haar jongste enkelsnit, “Maak Dit Maklik”, is nog ’n treffende voorbeeld van daardie opregtheid en menslikheid waarvoor sy so geliefd is.

Die liedjie, wat Christia saam met Emil Paul, Don Kelly en Dirk van Niekerk geskryf het (met Dirk ook as vervaardiger), is ’n opregte en energieke huldeblyk aan liefde, eenvoud, en die mense wat ons dra wanneer dinge swaar raak. Met ’n vars en verfynde klank slaan die lied ’n nuwe rigting in vir Christia se musiek – steeds deurdrenk van gevoel, maar met ’n moderne, ligter aanslag.

Met lirieke soos “Jy maak moeilik maklik vir my” en “Dis moeilik om dit maklik te laat lyk wanneer almal skree ‘hey jy!’ en almal kyk”, vang sy die balans tussen die druk van die lewe en die troos wat iemand spesiaal kan bring. Dit is ’n eerlike erkenning van hoe belangrik dit is om iemand in jou hoek te hê – iemand wat jou laat asemhaal, glimlag en aanhou beweeg.

“Die song is ’n dankie aan die mense wat dit moontlik maak vir my om suksesvol te wees sonder om my menswees te verloor – die mense wat my regop hou wanneer my bene wankel. Ek is gemaklik met my, te danke aan jou!” deel Christia.

Die musiekvideo is net so intiem soos die liedjie self. Met tonele teen ’n pragtige sonsak-agtergrond, wys dit Christia op haar gemak – eg, ontspanne en vol vrede met haarself. Dit weerspieël perfek die boodskap van die lied: om gemaklik te wees in jou eie vel, veral danksy dié wat jou help om jouself te bly.

“Maak Dit Maklik” is ’n moet-luister vir almal wat al gevoel het dat die lewe net ’n bietjie makliker mag wees – en vir dié wat iemand het wat dit vir hulle maakliker maak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.