Die gewilde musiekfees Afrikaans Oppi Platteland is terug in 2026 – groter as ooit tevore! Dié fees, wat die afgelope vier jaar duisende musiekliefhebbers getrek het, brei sy horisonne uit en word vir die eerste keer nie net in Kaapstad nie, maar ook in Pretoria aangebied.
Die fees word op 7 Februarie 2026 by die prentjiemooi Môreson Plaas in Kaapstad aangebied, en op 9 Mei 2026 by die Idlewild Country Estate net buite Centurion in Pretoria.
Die Kaapstad-fees beloof ’n ongelooflike musiekervaring met kunstenaars soos: Juan Boucher, Riana Nel, Appel, Demi Lee Moore, Francois van Coke en Die Gevaar, Danny Smoke, Brendan Peyper, Robbie Wessels, Tarryn Lamb, Ricus Nel, Karlien van Jaarsveld, Jay du Plessis, Elandré, Eloff, Die Piesangskille, Kurt Darren, Bok van Blerk, Riaan Benadé, Early B, Justin Vega en Die Heuwels Fantasties.
In Pretoria wag ’n ewe kragtige musiekprogram: Kurt Darren, Elandré, Bok van Blerk, Chris Steyn, Riaan Benadé, Fokofpolisiekar, Snotkop, Juanita du Plessis, Appel, Die Heuwels Fantasties, Juan Boucher, Demi Lee Moore, Danny Smoke, Robbie Wessels, Ricus Nel, Karlien van Jaarsveld, Jay du Plessis, Brendan Peyper, Spoegwolf én die groot terugkeer van Dewald Wasserfall, wat spesiaal uit Nederland kom vir hierdie optrede.
Die bekende smaakmakers Janey en Waney, saam met Angelique Gerber, lei die fees as seremoniemeesters, terwyl Nykie Pretorius agter-die-skerms hoogtepunte op sosiale media sal deel.
Kaartjies is nou beskikbaar by www.kaarkies.co.za.

Algemene toegang:
- Early Bird: R295pp (24 uur geldig)
- Early Bird Dubbelkaartjie: R550 (15 minute geldig)
- Algemene Toegang Fase 1: R350pp
- Algemene Toegang Fase 2: R395pp
- Skoliere: R250pp (voorskool gratis)
- Dubbelkaartjie: R650
BBP Gouesirkelkaartjies:
- R2750pp | BBP
- R4995 | BBP Early Bird Dubbelkaartjie (15 minute geldig)
- R1250pp | BBP Gouesirkel Skoliere
- R500pp | BBP Gouesirkel Voorskool (0–3 Gratis)
- R25 000 | Platteland Losie (15–20 mense) – vir meer besonderhede kontak 082 415 8000.
Jou BBP gouesirkelkaartjie sluit die volgende voordele in: ’n privaat wyntuin, oop kroeg, beperkte toebroodjie-platters, privaat toilette, fast lane check-in, eksklusiewe sitplekke, wagdiens (vir shooters), goursirkel-area reg voor die verhoog, en die kans om skouers te skuur met kunstenaars en bekendes.
Kampering:
- R250 pp per dag (kinders onder 12 gratis)
- Kaapstad: 6 & 7 Februarie
- Pretoria: 8 & 9 Mei
Glamping (beperkte tente):
- Kaapstad: 200 tente beskikbaar
- Pretoria: 75 tente beskikbaar
- R2200 per tent (2 mense, 1 nag)
- R2500 per tent (2 mense, 2 nagte)
Sluit in: dome-tent, beddens, matrasse, linne, beligting, elektriese punte, stoele en meer. Navrae: plattelandkamp@gmail.com
Afrikaans Oppi Platteland word met trots aangebied deur Laeveld Agrochem, in samewerking met USN, Stoetbul, Bok Radio, kykNET, Lift Airline, Castle Light, Jose Cuervo Tequila, Netwerk24 en GrootFM 90.5.
Afrikaans Oppi Platteland 2026 beloof om ’n fees van musiek, kultuur en kuier te wees wat jy nie wil misloop nie – of jy nou in die Kaap of Gauteng is!