Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

‘Marionet’: ’n Nuwe stem vir Jaid River met dieselfde hart

Redaksiespan8 Augustus 2025
FOTO: GP Van Der Merwe
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Met haar splinternuwe kortspeler (EP) “Marionet” wys Jaid River dat sy nie bang is om te groei, te transformeer en nuwe kreatiewe rigtings in te slaan nie. Waar haar vorige projek, “Verlanger”, sterk selfvertellend was, kies sy hierdie keer ’n pad van karakters, simboliek en tematiese diepte. Maar volgens haar was dit nie ’n doelbewuste skuif nie – dit was bloot waar die liedjies haar geneem het.

“Ek weet nie of dit noodwendig ’n doelbewuste keuse was van die begin af nie,” verduidelik Jaid. “Maar nadat ek ‘Marionet’ geskryf het, het ek begin dink aan die goed waaraan mense hulself bind – plekke, mense, idees – en hoe ons dikwels nie eers bewus is daarvan nie. Dis van daar af wat die karakters en simboliek begin vorm aanneem het.”

Tog bly “Marionet” diep persoonlik. Jaid beskryf dit as ’n projek wat eerder vra as wat dit sê – en die belangrikste vraag waarmee sy self tans worstel, is een wat in die laaste snit, “Stêrrekyker”, gestel word: “Is wat jy wil hê groter as jou vrees?”

Die skeppingsproses van “Marionet” het vir Jaid nie net nuwe kreatiewe paaie oopgemaak nie, maar haar ook nader gebring aan haar mense – familie, vriende en mede-kunstenaars. Die musiekvideo vir die titelsnit is saam met haar suster en vriendin vervaardig, met haar niggie, Ruach, in die dansrol.

“Dit was ’n baie spesiale ervaring. Ruach het soveel vryheid en joy in haar. Ek dink soms kinders verstaan iets wat ons as grootmense vergeet het.”

Die gevoel van verbondenheid strek ook tot by haar musikale samewerkings. “Prentjies (8ste Straat)” is die enigste snit op die EP wat Jaid nie self geskryf het nie. Die lirieke is uit die pen van haar jarelange vriend, Thys Nortje.

“Ek ken nie iemand wat soos Thys skryf nie – sy styl is old-school, met detail, diepte en baie intentionaliteit. Ons het ‘Prentjies’ aangepas as ’n duet vir ’n vertoning, en van toe af is dit deel van ons live repertoire.”

Waar van die liedjies op “Marionet” – soos “Geskryf” en die titelsnit – vinnig en met duidelikheid tot stand gekom het, was “Stêrrekyker” ’n meer intense proses. Geïnspireer deur die gedig The Old Astronomer and His Pupil deur Sarah Williams, het Jaid begin bou aan ’n liedjie wat praat oor geloof, vrees en keuses.

“Elke lirie in ‘Stêrrekyker’ is intentioneel. Dit het baie skryf en oor-skryf gevat. Die kernvraag is: Kies jy jou drome, of kies jy veiligheid? Dis nooit maklik nie – en dis ook nie altyd duidelik hoe dit lyk nie.”

Om ná ’n sterk debuut ’n tweede EP uit te reik, bring onvermydelik ’n nuwe stel verwagtinge. Jaid gee toe dat die druk werklik is – maar dat dit ook van binne kom.

“As kunstenaars wil ons elke keer beter doen as die vorige keer. Maar iets wat ’n vriend eenkeer gesê het hou my aan die gang: Doen net die beste wat jy kan met wat jy het – en dit sal genoeg wees.”

Vir Jaid is haar grootste droom vandat sy jonk was eenvoudig: om voltyds musiek te maak en om eendag ’n groot gesin te hê.

“Ek leef reeds ’n deel van my droom uit – en my grootste vrees is dat die ander deel dalk nooit sal realiseer nie.”

Jaid het weer saam met die vervaardiger Jaco Smit gewerk, met wie sy ook “Verlanger” opgeneem het in 2022. Dié kreatiewe vennootskap het saam met hulle gegroei.

“Ons het albei soveel gegroei sedert ‘Verlanger’, en dis lekker om dit te kan hoor in die nuwe projekte.”

Die betrokkenheid van Thys Nortje, hierdie keer ook in die ateljee, het nuwe dimensies gebring: “Hy hoor dinge wat ek nooit sal hoor nie – dis wonderlik om nog ’n perspektief te hê.”

Wanneer “Stêrrekyker” stil raak en “Marionet” tot ’n einde kom, hoop Jaid dat iets binne luisteraars aan die beweeg gesit is: “Ek hoop daar’s ’n nuwe lus vir lewe, avontuur en drome. Ek dink ons vergeet soms om soos kinders te glo – en ek hoop hierdie musiek help mense om weer daarmee te begin.”

Met “Marionet” wys Jaid River dat sy nie net ’n talentvolle stem is nie, maar ook ’n kunstenaar met insig, dapperheid en ’n besondere vermoë om vrae te vra wat bly lê in jou hart lank ná die musiek verby is.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.