Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Lukas 10:2 inspireer Appel se nuwe enkelsnit vanaf die kortspeler ‘Genisis’

Redaksiespan8 Augustus 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die sanger en liedjieskrywer Appel het sopas die eerste enkelsnit vanaf sy opkomende vyf-snit kortspeler (EP), “Genisis”, uitgereik. Dié liedjie, getiteld “Die Boer Hier Binne My”, is ’n eerlike, grondvaste stuk musiek wat diep resoneer met die tye waarin ons leef.

“Dis die hartklop van die hele EP. Stil, eerlik en vol waarheid. Dit som presies op waar ek is – as mens, pa en kunstenaar. Ek dink mense het op hierdie stadium minder behoefte aan geraas en meer aan egtheid,” sê Appel.

Die inspirasie vir die liedjie het gekom tydens gesprekke met boere en werkende mense regoor die land. Appel het gereeld gehoor hoe moeilik dit geword het om iets van nuuts af op te bou – veral in landbou. In daardie konteks het die woorde van Lukas 10:2 hom getref: “Die oes is groot, maar die arbeiders is min.”

Dié vers verskyn ook in Matteus 9:37 – ’n teksgedeelte waarin Jesus die dringendheid van werk in die wêreld uitlig, en die behoefte aan mense wat bereid is om op te staan en aan te vat.

“Ek het daai vers gelees en iets het my getref. Dis nie net ’n geestelike beeld nie – dis ook prakties. Dis ek. Dis mense wat opdaag, selfs al is hulle moeg. Dis ’n huldeblyk aan hulle.”

Appel neem luisteraars terug na sy agtergrond – nie ’n stil huis nie, maar een vol mense, klanke en stories.

“Ek het grootgeword in ’n huis waar dit gedruis het van kinders, oumense, geselskap en lewe. Mense wat gelag het, gepraat het, en ook swaar gedra het. Hierdie lied is gebore uit daardie mengsel – van werklikheid, harde werk, en geloof.”

“Die Boer Hier Binne My” is nie ’n gesofistikeerde poging om te beïndruk nie. Dis ’n liedjie wat probeer herinner – aan eenvoud, aan roeping, en aan mense wat bly staan. “Ek hoop dit bring rus. Ek hoop iemand voel minder alleen. En ek hoop dit herinner mense dat hulle saaiwerk nie tevergeefs is nie.”

Die musiekvideo, onder regie van Christiaan Wolf, is opgeneem op plaasgrond net buite Pretoria. In koue oggendlig, met reëntonele en sterk portrette van boere, is daar doelbewus gestreef na egtheid en emosionele trefkrag.

“Christiaan verstaan gevoel. Die portrette van die boere sê meer as wat ek ooit sou kon. Dit was belangrik vir ons om nie iets te speel nie – maar iets regtig te wys.”

Die projek is met trots ondersteun deur Case IH en Laeveld Agrochem, twee organisasies wat die hart van landbou verstaan en self elke dag tussen boere werk.

Kyk die musiekvideo hier:

Terwyl die EP grootliks getrou bly aan Appel se bekende styl van eerlike Afrikaanse musiek, is daar ook plek vir verrassings. Onder die snitte is die 80’s rock-geïnspireerde “Alice”, wat Appel beskryf as die “swartskaap” van die stel.

“Alice bring balans. Sy herinner my daaraan dat die lewe nie net gebed en swaar is nie, dit’s ook energie, chaos, en musiek wat mag uitskiet.”

“Genisis”, Appel se nuwe kortspeler, beloof om dieper te gaan as net melodie. Dis ’n projek wat streef na emosionele egtheid en wil eer bring aan mense se alledaagse stryd én hoop.

Met “Die Boer Hier Binne My” as eerste enkelsnit, word dit duidelik: Hier’s nie net musiek op pad nie hier’s ’n boodskap.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.