Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Martin Bester stel nuwe kuierliedjie ‘Brannewyn’ bekend – saam met Peer Papsak

Redaksiespan18 April 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die ikoniese Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en aanbieder, Martin Bester, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat beslis die dansvloere en braaivure regoor die land gaan laat gons. Dié  nuwe liedjie, getiteld “Brannewyn”, is ’n energieke kuierliedjie in ware Afrikaanse-Ierse “drinking song”-styl – en dié keer bring Martin ’n bekende kreatiewe bondgenoot saam: Peer Papsak, oftewel Pierre Rossouw.

Hoewel Martin en Pierre al jare lank saamwerk agter die skerms – met Pierre as die pen agter treffers soos “Lilly”, “Disco Damage” en “Bietjie Asseblief” – is “Brannewyn” hul eerste amptelike samewerking op ’n snit waarop hulle saam sing. Pierre is die skrywer van die liedjie en die twee het besluit dit is tyd om die kuierpret na ’n volgende vlak te neem.

“Ons wou ’n lekker kuier liedjie uitreik en iets wat net anders klink,” sê Martin. “Dit gaan oor ’n ou bekende onderwerp – ja, dis nou brannewyn – maar daar’s ook ander tipes drank in die liedjie. Dis alles deel van die atmosfeer.”

Die liedjie bring ’n vars klank na Martin se repertoire – iets wat, volgens hom, perfek sal werk op die verhoog:
“Hierdie is beslis ’n liedjie wat op my vertonings baie goed gaan werk. Dit is my tyd om so iets op te neem, en dit was ’n fees om saam met Pierre daaraan te werk.”

Hy glo ook die tydsberekening vir so ’n vrolike snit is ideaal:
“Ek dink ons is reg vir ’n ligter luim. Die wêreld is in ’n moeilike tyd – die ekonomie druk – maar een ding van Suid-Afrikaners is dat ons altyd tyd vind vir kuier. Veral nou dat daar soveel langnaweke op pad is.”

“Brannewyn” is nie net ’n viering van die Afrikaanse kuierkultuur nie, maar ook van kreatiewe vriendskap en samewerking. En die feestelikheid hou nie daar op nie – ’n musiekvideo is in die pyplyn, en volgens Martin word daar gekyk na opsies soos feeste, kroeë of selfs ’n Ierse-styl kroeg om die perfekte kuieratmosfeer vas te vang.

Met ’n indrukwekkende loopbaan wat strek van TV-aanbieding (onder meer Wie’s My Liefie, Tweestryd en DKNT), tot rolprente (Pretville, Vrou Soek Boer, Sonskyn Beperk), en musiek wat hom van SAMA-genominasies tot internasionale verhoogoptredes gevat het, is Martin Bester steeds ’n krag in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.